Op 6 Januarie dink ek altyd aan hoe wisselend emosies kan wees. Vandag 10 jaar gelede was ek op pad dokter toe, om ietsie baie kleins op ‘n baie strategiese plekkie te laat uitsny, toe ek die oproep kry dat my pa gesterf het. Om my gedagtes af te lei van die vreemde dokter wat aan my vroetel, probeer ek toe my emosies verwerk oor my pa, die bly dat sy lyding verby is, die hartseer omdat ek weet ek gaan nou vir ewig op my skouer hoor dat ek die aartappels te dik skil en die lemoen te slordig. Hy was ‘n presiese man, my pa.

Net toe kyk die dokter so tussen my bene oor my maag deur na my en sê: Die f***** k***** gaan nog ons land opf***.  Ek wou lag en huil gelyk, om verskillende redes. Skielik het ek ‘n allesoorheersende behoefte gehad aan ‘n sigaret, ek het toe pas ophou skelm rook, nadat ek drie jaar vantevore amptelik ophou rook het.  En om dit erger te maak, die dokter het na ou rook geruik. My pa se pyp was vars, hy was ‘n presiese man.

En so ek sal 6 Januarie altyd onthou, die dag van wisselende emosies, gekleur met die reuk van rook.

image

Advertisements