Julle ken my hopelik as iemand wat nie oor geloof stry nie, en almal se sienings daaroor respekteer. Daar is iets wat my baie pla. Dit is die wanpersepsies wat ons van mekaar se sienings het, na alle kante toe. Ons maak aannames oor goed waarvan ons niks weet nie en oordeel ander se menswees op grond van dit wat ons dink die ander dink.

Een van die grootste wanpersepsies – Mormone = veelwywers. Ons het ‘n hele klomp Mormone in Salt Lake City ontmoet, en een aand ook by ‘n Hawaiise gesin geëet wat die Latter Day Saints geloof aanhang. Dis wat die Mormone  hulleself noem, LDS. En dié wat ons ontmoet het, is lieflike, sagte mense wat gesinswaardes en goeie dade nastreef. Ons het lekker gelag vir die groepies van 3 of 4 huise op plase in Utah se landelike deel, as daar een groot huis en twee of drie kleiner huise is, is dit waar die mense met poligamiese lewenswyses woon. (Dit is fundamentalistiese splintergroepe) As ons reis,  beleef ons so baie. Alles is vreemd. Tog is alles op ‘n manier so bekend dat mens baie klein voel as jy dink aan jou eie spikkeltjie in die grote Universe. Hoe onbenullig jyself eintlik is in die groter prentjie. Daar is wêrelde buite jouself wat aanhou draai, terwyl ons elkeen op ons eie klein eilandjie bly woon. 

Dit pla my nou al jare en ek het nou net ‘n stukkie gelees wat ‘n vriendin in Utah geskryf het. Ja, hulle is lede van The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints (the LDS Church or, informally, the Mormon Church) is a Christian restorationist church that is considered by its followers to be the restoration of the original church founded by Jesus Christ.

Lots of mixed emotions today as I was released as Primary President. What a gift these last 2 years have been. I felt like I was there to water the kids’ spirits and simply remind them of the incredible beings they already are. We were allies in spiritual growth. I’m so proud of each of them for who they are. I will miss my little “bear cubs,” but it brings me peace to know they are in good hands and will be taken care of and well loved.

And to my comrades (my presidency, leaders, and teachers) that served with me over the years, you’ll never know the capacity you affected the children’s lives. Every sacrifice in time and effort was not in vain. It did not go unnoticed. You served some of the most sacred beings and will be blessed for it. I sincerely thank you.

Dit is so tipies van die mense wat ek ontmoet het. Hierdie skrywe het eintlik begin as ‘n ode aan ál my vriende, van pagan tot priester, panteïsme en ateïs. En toe ontspoor ek.

Nou is dit bloot ‘n ode aan en respek vir mense met goeie morele waardes en liefde in hulle harte.

Namasté

Advertisements