Hierdie woorde het een nag in my kop gekom en toe ek wonder wat dit beteken, was dit skielik glashelder: Mense sterf soos wat hulle geleef het. 

Hoe dikwels sien ons nie dat die fietsryer omgery word in ‘n fratsongeluk nie? Die marathonhardloper stort ineen net na ‘n wedloop. Die kwaai man kry ‘n beroerte, wat tipies is van ‘n persoon wat van nature uit ‘n plek van woede reageer. ‘n Baie praktiese vriendin het in haar laaste weke ‘n lysie gemaak van weduwees en ander enkelvroue in die dorp en een vir een met haar man bespreek, om hom weer geholpe te kry. Sommer gou-gou na haar dood het hy weer hand-aan-hand met ‘n vrou gestap.

Mense gaan in hulle laaste dae voort om te leef, totdat  hulle sterf. Al is kragte minder en bewegings beperk, jy bly jouself. So as humor jou ding was, gaan jy jou laaste Facebook-inskrywing nog met humor benader. Wie kan in daardie opsig vir Karen Kotze vergeet?

So het ons kinders altyd gedink my ma sal eendag saggies en vinnig aan haar einde kom terwyl sy koekies bak vir ‘n funksie. My hart kry nou seer om my energieke, hardwerkende ma wat altyd gesorg het, hulpeloos en afhanklik te sien. Net so het my liewe man altyd gesê mense moet tog nie vir hom ‘n begrafnis hou nie, maar ‘n lekker paartie. Ek moes ongelukkig sy ballon prik en sê dat hy nie eers in sy lewe ‘n paartiegat is nie, waarom sou ek dit dan aan myself doen om na sy dood ‘n paartie te hou? (Ons is klein-goepie-mense, ons altwee sukkel in groot groepe, waar niemand regtig intens kan gesels nie.)

So sal ek hopelik saggies met ‘n boek (of Kindle, of waarop ons ook al eendag gaan lees) wat op my bors val aan die slaap raak. Met voete in die seewater sal dit bietjie neuk, want ek raak paniekerig as my kop onder water kom.

Die geordende mens se papierwerk sal in orde wees en die boedel maklik om te beredder. Pssst – ons Testament is in ‘n lêer gemerk Testament en Huis. Dit is deedae ook belangrik dat mense moet weet wat om met jou elektroniese goed te doen na jou dood. Ek het onlangs al my passwords neergeskryf in ‘n dokument wat natuurlik ook beskerm is. Ek moet eintlik ook ‘n  lysie daarby maak van rekenings wat gesluit moet word. Sosiale netwerke, Facebook, Twitter, e-filing. Facebook spesifiek, dat daar nie die volgende verjaarsdag ‘n klomp verjaarsdagwense geskryf word deur mense wat sulke wense so min bedoel, dat hulle nie eers weet die persoon is dood nie. Dit gebeur, glo my. Dis seer vir die familie, daarom is dit die eerste ding wat moet waai as ek eendag … wel, sien hoe moeilik is dit vir my ook om te skryf  ‘doodgaan’? My digitale e-nalatenskap kry op die oomblik meer aandag as die regpak van laaie, want laaie is maklik om uit te tiep in ‘n swartsak.

(Los net my blog uit, dalk het ek iewers iets hier geskryf wat moontlik eendag iets vir iemand beteken.)

So lewe ek en so sal dit seker ook eendag wees as my naastes my goedjies moet uitsmyt en weggee. Vol lysies, vol instruksies aan ander en dan dwaal ek weg van die oorspronklike punt af. En juis dit sal maak dat mense sal kan sê: She died in character.

On Death
Kahlil Gibran

You would know the secret of death.
But how shall you find it unless you seek it in the heart of life?
The owl whose night-bound eyes are blind unto the day cannot unveil the mystery of light.
If you would indeed behold the spirit of death, open your heart wide unto the body of life.
For life and death are one, even as the river and the sea are one.

In the depth of your hopes and desires lies your silent knowledge of the beyond;
And like seeds dreaming beneath the snow your heart dreams of spring.
Trust the dreams, for in them is hidden the gate to eternity.
Your fear of death is but the trembling of the shepherd when he stands before the king whose hand is to be laid upon him in honour.
Is the shepherd not joyful beneath his trembling, that he shall wear the mark of the king?
Yet is he not more mindful of his trembling?

For what is it to die but to stand naked in the wind and to melt into the sun?
And what is it to cease breathing, but to free the breath from its restless tides, that it may rise and expand and seek God unencumbered?

Only when you drink from the river of silence shall you indeed sing.
And when you have reached the mountain top, then you shall begin to climb.
And when the earth shall claim your limbs, then shall you truly dance.

Advertisements