Sommige mense dra hartseer soos ‘n mantel. Ander is die hele tyd bewus daarvan, maar die seer is toegevou onder die mantel, sodat almal die hele tyd herinner word aan die onnoembare seer wat hulle troetel, maar niemand ooit toelaat om te help dat daardie seer salfies op kry nie. Dis belangrik om in die geheim die seer in die geheim te bly voed, want hulle word later gedefinieer deur hulle eie seer.

Kan hartseer met humor benader word? O ja! Dit is dikwels ‘n manier om dit te verwerk.
“Oh, I wouldn’t mind, Hazel Grace. It would be a privilege to have my heart broken by you.”
― John Green, The Fault in Our Stars

Hartseer is ‘n snaakse ding. Dis goed om soms hartseer te voel as die situasie dit vereis, trane is helend en was die siel en hart skoon. Soms huil mens ook mos sommer van die skok van blydskap! Waar die hart van vol is, loop die oë van oor …

Hoe skryf jy iets as jy nie die woorde kan formuleer nie? As jy nie weet wat presies jou hartseer maak en waaroor jy huil nie? Oor onseker goed wat moontlik glad nie gaan gebeur nie? Dis mos half dom, maar dit verhoed nie dat mens soms hartseer voel nie. Solank die hartseer net nie omsit in ongelukkigheid nie, want dit verteer jouself en jy maak jouself dalk siek, sonder dat jy iets kan doen aan die situasie wat jou in die eerste plek hartseer gemaak het.

Ons het twee tannies gehad in ons kindertyd, wat altyd vertel het hoe hulle hulleself nou vir ‘n slag Dik Gehuil het, maar hulle het nooit ongelukkig gelyk as hulle dit vertel nie, inteendeel, hulle het tevrede geglimlag. Beide het rede vir hartseer gehad, beide het klein kindertjies begrawe. As kind kon ek nooit regtig die verskil tussen huil, hartseer en ongelukkigheid verstaan nie, maar nou het ek meer begrip.

Seepsteenhart2‘n Hart wat te lank deur ‘n harde kors beskerm is, word soms gebreek en dan word die sagte kern ontbloot. Dogters van Afrika leer vroeg al dat hulle self verantwoordelik is vir hulle harte, om te brei of te beskerm. Soms is ‘n hart taaier as hy self van vroeg af taai gebrei is, dat hy die houe kan vat en geen korse kan vorm nie. Tog beskerm ons iets kosbaars en breekbaars deur dit toe te draai, waarom sou ons ons harte anders benader? Hoe harder daardie kors om ‘n sagte hart, hoe makliker word dit met een hou uitmekaar gebreek. Dikwels maak ons dan die krummels bymekaar en plak dit weer met spoeg en bloed.

“In his extreme youth Stoner had thought of love as an absolute state of being to which, if one were lucky, one might find access; in his maturity he had decided it was the heaven of a false religion, toward which one ought to gaze with an amused disbelief, a gently familiar contempt, and an embarrassed nostalgia. Now in his middle age he began to know that it was neither a state of grace nor an illusion; he saw it as a human act of becoming, a condition that was invented and modified moment by moment and day by day, by the will and the intelligence and the heart.”
― John Williams, Stoner

Advertisements