Sleutelwoorde

, , ,

“A writer is a world trapped in a person” het Victor Hugo gesê. Mens lees dikwels dat skrywers sê die karakters het ‘n wil van hulle eie, of die storie wou geskryf wees. Die prentjie in my kop is dat daar ‘n storie vebykom in ‘n soort kollektiewe poel van stories en die skrywer steek sy hand uit en pluk die storie soos ‘n vrug wat ryp geword het in die storiepoel. Wanneer die skrywer reg is vir die storie en storie ryp is vir die skrywer, is daar ‘n magiese proses wat allerhande aardse lastighede behels soos laatnagligte, kos wat brand, gesinne se geduld wat opraak. Lesers stroom na boekbekendstellings en boekwinkels, huiwer eers maar kliek dan ferm by Amazon op Buy now with 1-click, gaan Boek-en-koek by Leonie se Graffiti, spring in die bed met Bibi of stry op Lekkerlees Boekrak.

Self sukkel ek met wederstrewige karakters op die oomblik. Gisteraand was ek ontsteld oor die wending wat die storie neem en die karakters se optrede, dit is glad nie wat ek wou skryf nie. Nou vra ek myself af, waar kom daardie wederstrewigheid en eiesinnigheid van die karakters vandaan? Is dit deel van daardie storiepoel? Is dit mense wat iewers sou kon leef?

Dikwels is dit ook daardie gedagtes wat spontaan opkom wanneer ek besig met mindless take, wat mense tref. Die strykplankgedagtes. Meestal maak ek dadelik notas daarvan (dankie tog vir Google Keep) en is soms verwonderd as ek agterna my notas lees, asof dit nie ek self is wat dit geskryf het nie.

Dieselfde gebeur met my drome. Ek droom deesdae vreemde vivid drome, wat heeltemal anders voel, asof dit werklik afspeel, op vreemde plekke met vreemde mense. Sulke drome is duidelik anders as my gewone drome, dit voel of dit uit ‘n baie dieper deel van my bewussyn kom. Daar uit die plek waar mens net onder baie diep hipnose bykom. Ek kry die gevoel dat dit my eie lewe is wat op ‘n dimensie uitspeel, dele van my lewe wat sou kon wees, gegewe klein keuses wat ek iewers langs die pad sou maak wat my lewe heeltemal in ‘n ander rigting op vreemde paaie sou stuur.

Is hierdie dalk die storiepoel waaruit skrywers tap? Ons lewens wat sou kon wees, die karakters die mense wat deel vorm daarvan?

Daar word deesdae baie navorsing gedoen oor kunsmatige intelligensie en mense soos Daniel Dennett doen navorsing oor die evolusie van bewustheid. “Dennett’s cross-disciplinary approach – encompassing neuroscience, evolutionary biology and artificial intelligence – has been widely acclaimed and helped redefine the role of the philosopher for our age.”

DinkSou daar ‘n skakel kon wees tussen hierdie storiepoel, die karakters wat skrywers manipuleer en die wêreld waarin ons in ons drome leef? Ek hoop so. Ek hoop ek leef lank genoeg dat mense soos Dennett se navorsing vir ons antwoorde bring oor hierdie vrae.

“Everything is biographical, Lucian Freud says. What we make, why it is made, how we draw a dog, who it is we are drawn to, why we cannot forget. Everything is collage, even genetics. There is the hidden presence of others in us, even those we have known briefly. We contain them for the rest of our lives, at every border we cross.”

– Michael Ondaatje

 

Advertisements