Love means never having to say you’re sorry” is ‘n frase uit Erich Segal se boek Love Story, en die 1970 fliek met Ali MacGraw en Ryan O’Neal het dit laat buzz. Vandag sou dit seker trend op Twitter, as ons nie so sinies oor sulke clichés geword het nie.

LOVEKim se Love is… karaktertjies het elke verliefde skooldogter se passerblikkie versier. Net jammer ons het die frase verkeerdom verstaan. In ons koppe het dit beteken dat jou gedrag teenoor ‘n geliefde só moet wees dat jy nooit skeef trap, nooit iets ‘verkeerd’ sê en dus die nodigheid het om verskoning te vra nie.

Wat het gebeur wat maak dat ek dit nou totaal anders sien? Die lewe het gebeur. Die lewe bestaan uit baie ekke en baie jy’e, maar nie baie onse nie. En dis goed en reg so. Mense moet individueel meer wees as ‘n halwe ons. Volledig ek, volledig jy. Eers dan kan daar sprake wees van ons, andersins gaan daar nooit balans in ‘n verhouding wees nie. Soms dink mens mos jy kan jou partner vermoor (of iets ergers) en dis goed so, solank die moordwapens en metodes darem soort van dieselfde is, sodat daar ook in oomblikke van woede, balans is. Andersins oorheers die een die ander en ons is mos nou darem verby die middeleeuse oorheersing. (Tensy jy nou Gretha Wiid se sieninge aanhang.)

Rolverdeling in enige verhouding is ‘n natuurlike proses en elke partner doen dit wat hy/sy die beste doen. As mense mekaar se rolle respekteer, werk alles reg, solank ek nie hoef te doen wat ‘n paar van my vriendinne so geniet om te doen nie. Stephni teël bv hulle stort, Raquel en Karien verf hulle huise. Los my net uit dat ek sorg vir die belasting en die geldsake en alles wat na tegnologie lyk en werk self met die harde goed wat my hande seermaak. Die punt is, niks hoef tradisioneel te wees nie, gegewe mense respekteer mekaar se vermoëns en rolle. Helaas, was alles maar so “uncomplicated” soos die cliché-agtige prentjie hierbo. Ons is mos lief vir toutrek, suurgat trek as die ander een nie na ons wense optree nie en mekaar blameer.

Almal hoop natuurlik dat daar in sekere gevalle ‘n ander formule geld, waar Ek + Jy = Ons kwadraat word, wanneer die balans presies reg is en daar sinergie is.

Maar kan daar regtig ‘n ons in ons wees?

 

Love is the mutual support of two mature people involved in separate quests for self-realisation.

Advertisements