Ek vermoed dat Karel Schoeman verkeerd is. Die lewe maak ook sin uit die dood. Sy dood. Hy bied aan soveel mense rede om na te dink, dat dit ook aan hulle lewe sin gee. Uit die aard van sy nederige bestaan en amper kluisernaarskap, het sy besef hoe interafhanklik ons van mekaar van fisieke versorging is aan die einde, bygedra tot sy besluit. Sy vrees vir fisieke agteruitgang en afhanklikheid, gee uiteindelik sin aan ander se bestaan, deur die gesprekke en gevolge van die nalatenskap van sy laaste brief. 

Tog het hy gehoop dat sy dood sou lei tot vernuwende denke oor die uiterste vorm van selfbeskikking. Juis daardeur gee hy sin aan ander se lewens en lê die sin van alles nie net bloot in verbygaande dinge van self, wat ons ‘n doel gee om voor te lewe nie. 

Al wat ons uiteindelik kan doen, is om ons eie lewe te leef en self sin te gee daaraan, met die hoop dat dit ook die syn van ‘n ander daardeur sal raak. 

One day you will ask me which is more important? My life or yours? I will say mine and you will walk away not knowing that you are my life.

Khalil Gibran

Advertisements