Die afgelope paar dae het ek baie gedink hoe ‘n paar vriende die verlies van ‘n lewensmaat op verskillende maniere verwerk. Elke mens se drome, prosesse en hantering van situasies verskil so. Ons ken die teorie van hoe dinge vir onsself werk, ons het selfs antwoorde vir ander, totdat ons gekonfronteer word met einste situasie.

Ons is lief vir ons lewensmaats, ons is bly vir mekaar, ons is trots op mekaar, ons steun op mekaar en ons óndersteun mekaar met dinge. Ondersteun beteken vir my dat ek kortstondig ‘n ondergeskikte rol speel en my eie behoeftes tweede stel, ter wille van die ander een, dit beteken definitief nie dat ek onder gaan lê vir iemand om op te trap nie.

My lewe en my uitdagings maak perfek sin, ons pluis die lewe, die dood en alles tussenin elke dag oor ‘n kan koffie uit, maar midde-in die situasie moet jy my nie herinner wat ek behoort te dink of te voel nie, dan vlieg my handles af en ‘n ontploffing volg.

Watter rol speel ons dus vir mekaar, in watter opsig het ons mekaar nodig? Gaan ons ooit regtig weet, gaan ons dit ooit werklik waardeer voordat dit te laat is en jy die verlies van jou lewensmaat moet verwerk?

“Eventually, all things merge into one, and a river runs through it. The river was cut by the world’s great flood and runs over rocks from the basement of time. On some of the rocks are timeless raindrops. Under the rocks are the words, and some of the words are theirs. I am haunted by waters.”
― Norman Maclean, A River Runs Through It and Other Stories

Advertisements