Pragtige herinneringe wat ook deel was van my kinderjare, hoewel myne bietjie anders is. Ek onthou hoe hulle my geterg het toe ek klein was, en my Cheeky genoem het. Oom Chris het ook my vlegsels se linte (onthou Ma het altyd mooi linte ingebind) aan die lemoenboom vasgemaak. Ek was seker maar vier of so, want toe ek op vyf skool toe is, was my hare kort en nooit weer laat groei nie.

Ek onthou ook hoe hulle teen skemertyd omgestap het en by ons kom tee drink het. En by ons het hulle soos al die gaste, of kuiermense soos ons dit geken het, tee gekry. Die skinkbord moes behoorlik gedek wees, met al die lepeltjies in dieselfde rigting.

Koringstrooptyd het ek en Mara vir hulle pannekoek gebak. In daardie kombuisie. (Ek het by ons huis gaan bakpoeier haal)

En dan Frans se kuiers.

Slakkelak

Op Vrydag 21 April 2017 is oom Jan uit my kinderjare ter ruste gelê. Begrawe. Dood. Hartseer. Trane. Onthou. Soveel emosies, soveel gedagtes wat deur my kop maal oor hierdie verlies. Dit is nie net die persoon nie, maar dis die verlies van die laaste boetie van ‘n familie wat gehelp het om my te vorm in die mens wat ek vandag is, wat my trane laat stroom.

Binne loopafstand van ons het ‘n gesin gewoon – Ou oom Faan, tant Heilie, ooms Wies, Jan en Chris. Hulle broers Bert, Giel en Faan het op omliggende plase in die omgewing gewoon. Wat uniek was, is die feit dat slegs oom Bert en Giel getroud was in my kleindogtertjie-tyd. Oom Faan het saam met ou oom Faan se suster Kleintan gewoon om haar, oujongnooi, op te pas.

Hierdie mense was eenvoudige, doodgewone Boeremense. Uiters konserwatief. Hardwerkend. Eerlik. Godvresend. Bemind. Gelief. Elkeen…

View original post 1,672 more words

Advertisements