“Wat is dit en wat wil jy daarmee maak?”
“Ek het nie die vaagste benul nie …”

Hierdie gesprek word dikwels in winkels herhaal. As ek iets vreemds sien, wil ek dit proe! MaanMan is mos nie ‘n man van fiemies nie, en weet al ek het geen aanmoediging nodig nie.

Gister was geen uitsondering nie. ‘n Tandartsbesoek is genoeg rede vir ons om sommer ‘n draai deur Stanford te ry; en deur die Overberg se heuwels waar die Canola geel begin skyn, via Caledon terrug te ry Kleinmond toe. Wat is ‘n dagrit nou as jy nie by plaastalle en kaasplase aandoen nie? Gister het ‘n paar interessanthede opgelewer.

  • Gedroogde Suurvytjies: Ek wonder hoeveel ek kan eet voordat my spysverteringstelsel beswaar gaan maak… Die bakkie staan hier waar ek werk, gerieflik naby.
  • Jerusalem Artisjokke: Ek wonder wat gaan die lekkerste gaarmaakmetode wees – dalk gebraai in olyfolie met baie knoffel en bietjie peper? Of dit die lekkerste metode is weet ek nie, maar hierdie het só lekker gekom dat ek moreaand die ander helfte van die bakkie presies so gaan gaarmaak.
  • Vier gesteelde suurlemoene: Ek wonder of pluk op ‘n plaas waarheen ‘n restaurant jou verniet laat ry het, onregmatig is?

By die Jerusalem Artisjokke het ons met heel Reds vissies gehad, in botter en olyfolie gebraai en met suurlemoensap bedruip. Die velletjies was heerlik bros en die vis geurig. Daarby was net slaai nodig vir ‘n heerlike ete.

I never set out to be weird. It was always other people who called me weird.
-Frank Zappa

Advertisements