Dis darem verstommend wat ons met tegnologie kan doen, terwyl ons eie gedrag en emosies nog deur primitiewe dryfvere gemotiveer en gerig word.

Wetenskaplikes wat verantwoordelik is om satelliete om planete te laat wentel en data te interpreteer wat uit die ruimte teruggestuur word, programmeerders wat dit moontlik maak, drones wat in oorlogsituasies ingestuur word se tegnici en ingenieurs wat alles uitdink en bou – hulle almal gaan ook maar na werk huis toe en knor vir hulle familie, of word seksueel geprikkel deur die mede-wetenskaplike in die sexy wit oorjas.

Dit was vir my vanoggend verstommend om te besef hoeveel werk (en plesier so tussenin) ek op my foon kon doen terwyl ons ons oggendkoffie gedrink het. Die plesier so op die tegnologie het my laat dink, terwyl ek my Facebook se newsfeed bekyk. Dit is asof ons emosionele ontwikkeling en begripsvermoë nie tred hou met die versnelling op ander gebiede nie. Die tegnologie laat my kop duisel, die moontlikhede wat ons deesdae kan doen is soms bokant my begrip. Klein dingetjies, soos om ‘n nota op Keep op my foon te maak en dit met ‘n ander persoon te deel, en die nota kan dan op enige van die medewerkers se toestelle gelees of opdateer word.

Image result for cavemanloveTog is ons eintlik maar taamlik primitief in die hantering van ons daaglikse lewe. Daar is steeds iets van die oermens in ons, grotman wil vir grotvrou oorrompel nadat hy ‘n stuk halfgaar vleis verorber het, en grotvrou vee die assies om die vuur mooi skoon om grotman te behaag. Grotman word steeds verblind deur grotvrou se voorkoms (mooi blink hare, om beter te kan sleep, my kind…) en grotvrou span haar web vir die sterkste grotman wat weet waar om vleis te kry.

Ons neig om reg te wil wees, ons laat ons deur ons ego’s regeer, ons soek sensasie, ons is gulsig en magsbehep; ons lek bloed waar daar wonde is. Selfs ons grootste koerante tap in op hierdie eienskappe. Dit klink net vir my effens ongebalanseerd dat daar so ‘n reuse sprong was wat betref tegnologie in my leeftyd, maar die inherente aard van die mens bly maar primitief.

Jare gelede was daar ‘n stadium wat almal ‘geweet’ het dat Atlantis ‘n hoogsgesofistikeerde kultuur was wat betref tegnologie. Volgens Neale Donald Walsch was daar ook hierdie wanbalans.

Advanced technology without advanced though can cause harm. On our planet lived in the past societies that were more technologically advanced than us today. They destroyed themselves, with the advanced technology that was far more advanced than their spiritual evolution. One such society was what we came to call Atlantis.

I am saying that once before on your planet you had reached the heights – beyond the heights, really, – to which you now are slowly climbing. You had a civilization on Earth more advanced than the one now existing. And it destroyed itself. Not only did it destroy itself, it nearly destroyed everything else as well. It did this because it did not know how to deal with the very technologies it had developed. Its technological evolution was so far ahead of its spiritual evolution that it wound up making technology its God.

Deesdae voel alles of ons in ‘n versnelde gleuf van tyd beland het, ‘n soort glybaan wat ons eenvoudig meesleur, terwyl ons ekstreme weerstoestande ervaar en toekyk op die mees absurde gebeure, asof mens willoos is om iets te verander daaraan.

“I wish it need not have happened in my time,” said Frodo.
“So do I,” said Gandalf, “and so do all who live to see such times. But that is not for them to decide. All we have to decide is what to do with the time that is given us.”
― J.R.R. Tolkien, The Fellowship of the Ring

Advertisements