Dit het my op ’n sandstrand in die vlakwater laat staan, met my voete in die sand vasgewoel. Dit het my een met die see laat voel, ’n oomblik van sielevrede laat beleef, baie diep in my hart en selle en hele wese ’n tevredenheid laat voel. Geborge. Dit het my in helder kalm waters laat dryf, met klein vissies se lyfies wat verbyflits teen die sand. Dit het my meegesleur, my omgeslinger en die sout van die see in my sinusse laat brand en my lighoofdig my kop laat skud sodat my hare nat slierte teen my gesig piets. Soms het dit my op die strand laat loop, teen die wind. Alleen met net my gedagtes, opgehits deur die weer en wolke wat laag hang en een lyk met die see.

Dit is ‘n doodgewone insident, ‘n kort periode, ‘n ewigheid wat in ‘n oogwink verby was, wat my laat besef het: The ocean connects me. To myself, to you and to the Universe.

Reality doesn’t impress me. I only believe in intoxication, in ecstasy, and when ordinary life shackles me, I escape, one way or another. No more walls.
– Anaïs Nin, Incest: From a journal of love

Advertisements