Die afgelope week of twee was ongelooflik stresvol vir almal in Kleinmond, vir álmal. Oor die grense van paaie, sentimente, kleure en gebiede. Of jy nou tyres gebrand het, kos aangedra het, patrollie gery het, inligting oorgedra het, die traangas in jou oë gevoel het, die seer van ‘n rubberkoeël op jou lyf gevoel het, of daardie sneller moes trek.

Foto deur William ScroobyTwee gebeure staan vir my uit wat my laat besef het hoe ‘n enkele insident ‘n situasie kan omkeer. Die dag toe die vure in die berg oral gebrand het, die angs in die dorp voelbaar was en die geknetter van rubberkoeëls en die geloei van sirenes die geruis van die see uitgedoof het, was daar onverwags ‘n geraas in die lug wat ons huis laat vibreer het. ‘n Helikopter, in die kamoefleerkleure van die SANW, het laag oor ons verbygekom en oor die berg gevlieg en het doelgerig ‘n sirkel gevlieg, ‘n rooi watersak laat sak, volgeskep in die lagoon en ‘n gordyn water oor die veldbrand losgelaat. ‘n Tweede helikopter het bygekom en met militêre presisie het die twee mekaar gevolg en met die water die veldvure laat blus. ‘n Digte rookwolk was sigbaar, maar nadat die lugmag se helikopters die laaste vure teen die berg doodgegooi het met watersakke, het hulle stil verdwyn en toe daar net twee spikkels in die lug oor was, was daar so ‘n opgewonde stilte oor die dorp. Notifications, WhatsApps en boodskappe het vir ‘n ruk rondgevlieg, maar dit was asof die water ook die onderliggende aggressie by almal laat afkoel het.

Gisteraand se publieke kwartaallikse terugvoer vergadering van die Munisipaliteit in die Stadsaal is baie goed bygewoon, seker te verstane gesien in die lig van die week se gebeure. Dit was ‘n emosionele vergadering, báie emosioneel, maar een persoon wat bekend is as mediator, het sy hand gelig en die gemoedere kalmeer met ‘n besondere perspektief op alles; en my baie hoop gegee dat daar wel daadwerklik gekyk sal word na die groter sosio-ekonomiese probleem wat aangespreek moet word, ook vir groter begrip tussen organisasies en groepe.

In krisistye sien ek net weer hoe die mense wat altyd saamstaan, nog digter laertrek. Elke mens doen wat hy kan, party samel kos in vir die ekstra polisie, brandweer en ander noodpersoneel hier, party kook en versprei dit, ander ry oumense aan na ander dorpe om hulle SASSA te kry, iemand samel lugtyd in vir mense wat nie nou kan koop nie, die apteke gee selnommers om vir dringende medikasie te reël. Vrywilligers gaan pomp petrol en ander gaan was skottelgoed en voer oumense by die versorgingsoord. Die aand toe niemand in die dorp geslaap het nie, het ‘n groep jonges instinktief opgetree en oumense wat alleen is gaan help, of troos. Elkeen na sy aanleg en talent. Aan bereidwilligheid was daar geen tekort nie. Waar daar ‘n behoefte was, was daar groepe waar hulle kon vra en die aanbod het elke keer die aanvraag oorskrei.

Sonder om te veel te dink oor die gebeure, is daar net ‘n paar gedagtes wat by my opgekom het.

  • Neutraliteit het ‘n prys
  • Mense spring in en staan saam, doen wat gedoen moet word
  • Verwyte is maklik, kopskuiwe moeilik
  • Kommunikasie se rol word onderskat
  • Nabetragting het perfekte visie
  • Die energie van ‘n dorp kan gevoel word
  • Almal soek maar ‘n holte vir die voet, ‘n kop op ‘n kussing.
  • Kindness het nie kleur nie
  • Ons sal drastiese aanpassings in ons denke moet maak
  • Ons moet leer om met ons harte te luister na behoeftes
  • Wat vir een persoon skrikwekkend is, is vir ‘n ander ‘n oorwinning
  • Wat vir my na ‘n krisis lyk, mag dalk baie mense se lewe omkeer en beter maak
  • ‘n Klomp klein ratjies laat ‘n enorme masjien draai

“Imagine”

Imagine there’s no heaven
It’s easy if you try
No hell below us
Above us only sky
Imagine all the people
Living for today…

Imagine there’s no countries
It isn’t hard to do
Nothing to kill or die for
And no religion too
Imagine all the people
Living life in peace…

You may say I’m a dreamer
But I’m not the only one
I hope someday you’ll join us
And the world will be as one

Imagine no possessions
I wonder if you can
No need for greed or hunger
A brotherhood of man
Imagine all the people
Sharing all the world…

You may say I’m a dreamer
But I’m not the only one
I hope someday you’ll join us
And the world will live as one
—John Lennon

Advertisements