Julle weet wat is ‘n End Grain Cutting board? Die wat weet, besit een, of begeer een. Nou besit ek ook een, elke handgeskaafde blokkie ‘n deeltjie van ‘n baie spesiale vriend se siel, elke bietjie lym ‘n deeltjie van sy proses waarmee hy homself bymekaarhou. Gladgeskuur, soos wat die lewe maar met ons maak. Gemaak van harde, duursame hout, soos hy, om te kan hou. Geolie om dit wat met baie moeite bymekaar gelym is, te beskerm teen die aanslae van skerp messe en bymekaar te hóú. Verpak en gestuur deur die spesiale vrou aan sy sy, wat help sorg dat al sy hoeke haaks bly en mooi gelyk staan.

Ons was al twee so aangedaan nadat ons hierdie pakkie oopgemaak het, omdat ons weet presies uit watter dieptes van iemand se menswees hierdie kom, dat dit meer as ‘n halfuur geneem het voordat ek my stem kon vertrou om te bel om die woord wat so maklik leeg kan klink, “Dankie”, te sê.

20170919_192836
End Grain – The cutting surface is made from end pieces of wood. The easiest way to recognize an end grain board is by the checkerboard pattern. This type of board is more expensive than the edge grain type, but is known to be more forgiving on knives. The end grain boards are“self-healing” since the fibers close back up after the knife strikes to board.

Blomme moet jy gee terwyl die ontvanger nog leef, en die arbeider se blom is die vrug van sy sweet.
(Jaco Maré – 19/8/2011)

Dankie, Jaco, hierdie is ‘n baie kosbare geskenk en hy gaan elke dag gebruik word. Dankie ook dat julle saam sit in ons soul group, dis ‘n voorreg om julle te kon herken.

Advertisements