Seesand help vir alles! Regtig?

Regtig. Prentjies in die sand is my ding. My Intro op Facebook is immers: Trisa se voete is vol seesand en sy teken prente in die sand wat waar word… Voete in die seesand is wat my troos, wat my krag gee as ek moedeloos is, my energie gee as ek lusteloos voel. Dit maak iets in my wakker, Kundalini wat loskom en opspiraal, totdat ek één voel met alles, waar sand en water een is en ek deel word daarvan. Dan word ek lig.

Vroeër jare het vrouetydskrifte subtiel van ekstase gepraat as hulle eintlik orgasme bedoel. My woordeboek beskryf ekstase as ‘n toestand van abnormale blydskap, vreugde, vervoering, of verrukking. In een van Elsa Joubert se heel eerste boeke, moontlik Suid van die wind, het sy ‘n oomblik van ekstase so goed beskryf, dat ek dit maklik herken het toe ek dit vir die eerste keer ervaar het, op 1 September 2002. ‘n Oomblik wat ek nooit weer sal vergeet nie. ‘n Psigiese orgasme. My eerste Oomblik van Ekstase, die oomblik toe my hart en my siel en my lyf bymekaar gekom het, op dieselfde frekwensie vibreer het. Ek was een met myself.

Vanoggend het ek wakker geword met die reuk van kelp, die sagte geruis van ‘n kalm see en ek het geweet, my voete moet in die seesand kom. Vir meer as ‘n uur het ek net met my voete in die water gestaan, my sinne bedwelm, een met my oerself.

The ocean connects me. To myself, to you and to the Universe.

12400721_10153763699265396_8630751937990311130_n

What are brief? today and tomorrow.
What are frail? spring blossoms and youth.
What are deep? the ocean and truth.

Christina Rossetti

Tot die dood ons skei – Regtig?

Elke verhouding of huwelik het ‘n rakleeftyd. Sommiges se vervaldatum is sommer knap na die blinkoogbloeiselbruid haar Facebookstatus verander het na Married en ander se vervaldatum is eers lank na die afsterwe van een van die twee.

Soos elke produk op die kosrakke, is die vervaldatum verskillend, afhangend van die bestanddele, die hoeveelheid preserveermiddels en die metode van vervaardiging. Sommige souse is van soveel chemiese goed aanmekaargeflans, dat dit jou mond kan brand, maar niks van waarde toevoeg tot jou kos nie. Daardie bottel kan in jou koskas staan totdat daar ‘n taai ring om hom is en die sous verkleur, maar hy is steeds bruikbaar al dra dit geensins by tot jou gesondheid nie. Dan kry jy weer goed wat jy kan eet soos hy van die boom af, of uit die grond uit kom. Dit is daardie vrugte en groente van jou verhouding of jou huwelik wat net ég is, wat rég is, wat net eenvouding werk, die heilsaamheid vanself.

Die beste kokke gebruik eenvoudige bestanddele, ‘n kombinasie van net ‘n paar goed wat saamgevoeg soveel meer is as die somtotaal van die individuele smake. En die oomblik wat daardie bestanddele mekaar tref, kan die kok maar met ‘n vingerpunt proe, opkyk en met die skoongelekte vinger beduie – ja, dit werk!

Dan is dan natuurlik ook die ding van wat jy maak met wat jy het. Die nederige eier lyk en smaak totaal verskillend as jy romerige roereier maak, ‘n kookeier of ‘n pofomelet. Selfs ‘n gebakte eier is totaal anders as jy hom sunnyside up maak, of op hoë hitte omdop en platdruk, totdat die botter bruinerige rante braai. As jy jou huwelik soos ‘n doodgewone eier hanteer, kan hy vir jou ‘n wonderlike verskeidenheid bied.

Hou jy van rou eier? Wat van ‘n leksel bakpoeier op jou tong? Altemit ‘n koppietjie droë meel? Het jy al ooit geproe hoe bitter is kakaopoeier net so?  Dit sit mos so in jou verhemelte vas. Die gladheid van die halfkoppie olie? Maar gooi hierdie klomp slegte goed bymekaar, sit hom in die oond, en siedaar, ‘n lekker tjoklitkoek. Jy moet net weet hoe om te meng en te bak. Soms volg jy die resep noukeurig, maar die koek val plat, sit in die pan vas of bak sommer net skeef met ‘n bittergebrande kors. Die ander snaakse ding is dat jy met dieselfde bestanddele (in die regte verhoudings) soveel verskillende goed kan maak – dit bly maar eiers, botter, meel en  melk  – en jy kan ‘n scone kry, of ‘n pannekoek, of ‘n lekker tjoklitkoek!

Die Heilige Huwelik. Die chemiese konkoksie, die alchemie van cuisine wat soos ‘n kunswerk lyk en soos die hemel smaak, of ‘n doodgewone heilsame bruinbroodbroodjie wat jou maag volmaak. Vir elke mens beteken dit iets anders, want elke mens kook anders – ook in die kombuis.

 

‎”This is my advice to people: Learn how to cook, try new recipes, learn from your mistakes, be fearless, and above all have fun”-Julia Child

“Banish the onion from the kitchen and the pleasure flies with it” – Elizabeth Robbins Pennell

‎”You don’t have to cook fancy or complicated masterpieces – just good food from fresh ingredients”– Julia Child

We are the future

Sleutelwoorde

Ouma, wat is fout? 

Niks, Kiara, Ouma is net baie moeg. 

Ek weet hoekom, Ouma! Dis jou future in jou hart wat jou moeg maak. 

My future in my hárt? 

Ja, Ouma! Maar ek moet eers verduidelik van nature, dan sal Ouma verstaan. 

Ja? 

Ja, Ouma. Ons lywe is nature, ons is deel van nature, maar ons léwe is nie nature nie, net ons lywe. Lewe is iets anders as ons lywe. En nature het vir die future gesê jy gaan moeg wees vanaand, maar net in jou hart. 

Waar lees of hoor jy van hierdie goed? 

Ek het dit self uitgedink, Ouma. Met my brein. Verstaan Ouma nou? 

Ek ken myself! Regtig?

Elke mens het ‘n paar selwe:

  • Soos jy jouself sien of beleef. Jou selfbeeld, of dit wat jy van jouself dink, die mens wat jy dink jy is.
  • Soos ander jou sien en beleef. Jou naastes, jou kinders en jou partner sien jou natuurlik anders as mense in jou werksituasie, want jy tree anders op daar. Openbare figure het ook ‘n openbare beeld wat sekerlik verskil van die mens wat jy by die huis is.
  • Dan is daar jou virtuele self. Ek het bv al voorheen ‘n blog gehad met ‘n totaal ander persoonlikheid as my eie. So was ek ‘n ander mens, watter deel van daardie persona was ‘n deel van myself?
  • Die mens wat of wie jy werklik is. Die mens wat IS, wat die manifestering van jou gedagtes is. Die een waar jou hart volgens die ou Egiptenare na jou dood geweeg word wat ligter as ‘n veer moes wees.

Die groot vraag is seker hoe ons hierdie verskillende Selwe leef en beleef, met die ideaal dat al hierdie Selwe so na as moontlik aan mekaar is.

Elke mens wat Egipte toe gaan, bring seker sy eie stukkie papirus saam, en hierdie een was in 1999 absoluut my eerste keuse, die onderste een waar die weighing of the heart seremonie deur die god Anubis gedoen word, en deur Thoth opgeskrywe word. Ek wou dit hê as simbool om altyd te poog dat my hart so lig sal wees as ‘n veer, dat my gedrag ‘n manifestasie is van my gedagtes. Dit lol maar, maar ek probeer. Die een waar Akhenaten en Nefertiti onder die son sit wat hulle aanbid, het vir my maar net die gedagte gelaat dat die son wyd genoeg skyn vir ons almal. Ongeag.

15303897_10154659340105396_823887325_o.jpg

The ancient Egyptians believed that, when they died, they would be judged on their behaviour during their lifetime before they could be granted a place in the Afterlife. This judgement ceremony was called “Weighing of the Heart” and was recorded in Chapter 125 of the funeral text known as the “Book of the Dead“.

The ceremony was believed to have taken place before Osiris, the chief god of the dead and Afterlife, and a tribunal of 43 deities. Standing before the tribunal the deceased was asked to name each of the divine judges and swear that he or she had not committed any offences, ranging from raising the voice to stealing. This was the “negative confession“. If found innocent, the deceased was declared “true of voice” and allowed to proceed into the Afterlife.

The ancient Egyptians considered the heart to be the centre of thought, memory and emotion. It was thus associated with intellect and personality and was considered the most important organ in the body. It was deemed to be essential for rebirth into the Afterlife.

My liefste Kiewiet

Kiewiet. Dis wat hy haar altyd genoem het. Sy was ‘n fyne ou dingetjie, my tannie Frikkie, so die naam het gepas. Dis net, my oom Hans was ‘n stewige, sterk man. Kort, maar fris en sterk en sy het hom óók Kiewiet genoem.

Ons het grootgeword in ‘n era waar sigbare liefde nie juis tussen man en vrou betoon is nie en as daar liefdeswoordjies tussen grootmense was, was dit nie vir kleine muisies se ore bedoel nie, want ek het dit nooit gehoor nie. ‘n Welkome uitsondering was oom Hans en tannie Frikkie, wat in Pretoria gewoon het. In die stád, met al die blink liggies. Dit is hulle wat ons kinders met vakansiekuiers in die swart Volksie gelaai het en met Voortrekkerweg af gery het, sodat ons die liggies kon sien. Hulle het ons ook in die aand middestad toe gevat vir window shopping. (‘n Algemene gebruik daardie jare).

Dit is by hulle wat ek geleer het van die liefde tussen ‘n man en ‘n vrou. Sigbare liefde, van ‘n man wat sy vrou liefdevol hanteer as sy migraine gehad het, of ‘n seer rug. Saam het hulle blikke en blikke koekies gebak, in ‘n era toe mans nie eintlik geweet het waar die meel gebêre word nie. Iewers in 2001 het my sus Drinie my gebel en gesê sy het tannie Frikkie in die hospitaal besoek, haar hart lol. Vir ‘n oomblik was ek paniekbevange dat sy sou doodgaan voordat ek vir haar sê wat sy vir my beteken het, en ‘n paar dae later het ek die een oproep gemaak waaroor ek nou nog bly is. Ek het vir tannie Frikkie gebel om te sê dankie, ek het by hulle geleer hoe lyk liefde tussen ‘n man en ‘n vrou. Sy het verskriklik gehuil oor die foon en gesê dis die mooiste kompliment dat iemand haar kon gee, as sy vir hulle so iets kon beteken waarvan sy nie weet nie. Nie lank daarna nie is sy aan haar hart dood, op 59. Ek het met my ma se 80e verjaarsdag in 2014 die geleentheid gehad om dit vir oom Hans te vertel en sy trane was minder, maar daar.

Hierdie twee mense was by my eerste troue, hulle het potte kos aangedra vir die ete na Anria se doop. Dit ook uit haar hand was Anria daardie dag haar eerste proeseltjie pampoen gehad het. Hulle dogter Ina het Anria ‘ingebring’ met die doop, sy het so ‘n mooi geruite rompie aangehad.

Ons het hulle later jare dikwels op Pilditch raakgeloop. Ina was ‘n provinsiale gimnas en baie goeie atleet en hulle was baie betrokke ouers, tannie Frikkie was ‘n gekwalifiseerde skeidsregter.

Sou iets verkeerd gaan in die familie, was oom Hans jou man. Hulle het uit hulle pad gegaan om te help, met enige ding. Toe my sus Drinie in die hospitaal was met Meningitis en my pa elders gewerk het, het hulle hoeveel keer Brits toe gery om my ma te gaan haal vir besoektyd in Pretoria, en haar weer teruggevat. (My ma het eers later jare leer bestuur.)

Nooit wou oom Hans iets in ruil hê nie, net eenmaal het ek hom hoor sê: Ag Sus, gee dan maar vir my ‘n lekker vet slaghoender. Dan wys hy vir ons kinders nog ‘n trick, om die aandag van hom af weg te vat.

So is elke een van my familie ‘n boublokkie wat gehelp het om my fondament in plek te kry. Dit is vir my inspirasie om te hoop dat daar ook eendag kinders in die familie sal wees om met liefde terug te dink aan hulle oorle’ tannie Trisa, dalk een van die kleintjies wat ek  geleer het ‘blomkiesies’ maak sonder jou hande of so iets laf.

Nou is dit net my ma van die ‘ouer kinders’ wat oor is, oom Hans is gister oorlede.

People always die in character

Hierdie woorde het een nag in my kop gekom en toe ek wonder wat dit beteken, was dit skielik glashelder: Mense sterf soos wat hulle geleef het. 

Hoe dikwels sien ons nie dat die fietsryer omgery word in ‘n fratsongeluk nie? Die marathonhardloper stort ineen net na ‘n wedloop. Die kwaai man kry ‘n beroerte, wat tipies is van ‘n persoon wat van nature uit ‘n plek van woede reageer. ‘n Baie praktiese vriendin het in haar laaste weke ‘n lysie gemaak van weduwees en ander enkelvroue in die dorp en een vir een met haar man bespreek, om hom weer geholpe te kry. Sommer gou-gou na haar dood het hy weer hand-aan-hand met ‘n vrou gestap.

Mense gaan in hulle laaste dae voort om te leef, totdat  hulle sterf. Al is kragte minder en bewegings beperk, jy bly jouself. So as humor jou ding was, gaan jy jou laaste Facebook-inskrywing nog met humor benader. Wie kan in daardie opsig vir Karen Kotze vergeet?

So het ons kinders altyd gedink my ma sal eendag saggies en vinnig aan haar einde kom terwyl sy koekies bak vir ‘n funksie. My hart kry nou seer om my energieke, hardwerkende ma wat altyd gesorg het, hulpeloos en afhanklik te sien. Net so het my liewe man altyd gesê mense moet tog nie vir hom ‘n begrafnis hou nie, maar ‘n lekker paartie. Ek moes ongelukkig sy ballon prik en sê dat hy nie eers in sy lewe ‘n paartiegat is nie, waarom sou ek dit dan aan myself doen om na sy dood ‘n paartie te hou? (Ons is klein-goepie-mense, ons altwee sukkel in groot groepe, waar niemand regtig intens kan gesels nie.)

So sal ek hopelik saggies met ‘n boek (of Kindle, of waarop ons ook al eendag gaan lees) wat op my bors val aan die slaap raak. Met voete in die seewater sal dit bietjie neuk, want ek raak paniekerig as my kop onder water kom.

Die geordende mens se papierwerk sal in orde wees en die boedel maklik om te beredder. Pssst – ons Testament is in ‘n lêer gemerk Testament en Huis. Dit is deedae ook belangrik dat mense moet weet wat om met jou elektroniese goed te doen na jou dood. Ek het onlangs al my passwords neergeskryf in ‘n dokument wat natuurlik ook beskerm is. Ek moet eintlik ook ‘n  lysie daarby maak van rekenings wat gesluit moet word. Sosiale netwerke, Facebook, Twitter, e-filing. Facebook spesifiek, dat daar nie die volgende verjaarsdag ‘n klomp verjaarsdagwense geskryf word deur mense wat sulke wense so min bedoel, dat hulle nie eers weet die persoon is dood nie. Dit gebeur, glo my. Dis seer vir die familie, daarom is dit die eerste ding wat moet waai as ek eendag … wel, sien hoe moeilik is dit vir my ook om te skryf  ‘doodgaan’? My digitale e-nalatenskap kry op die oomblik meer aandag as die regpak van laaie, want laaie is maklik om uit te tiep in ‘n swartsak.

(Los net my blog uit, dalk het ek iewers iets hier geskryf wat moontlik eendag iets vir iemand beteken.)

So lewe ek en so sal dit seker ook eendag wees as my naastes my goedjies moet uitsmyt en weggee. Vol lysies, vol instruksies aan ander en dan dwaal ek weg van die oorspronklike punt af. En juis dit sal maak dat mense sal kan sê: She died in character.

On Death
Kahlil Gibran

You would know the secret of death.
But how shall you find it unless you seek it in the heart of life?
The owl whose night-bound eyes are blind unto the day cannot unveil the mystery of light.
If you would indeed behold the spirit of death, open your heart wide unto the body of life.
For life and death are one, even as the river and the sea are one.

In the depth of your hopes and desires lies your silent knowledge of the beyond;
And like seeds dreaming beneath the snow your heart dreams of spring.
Trust the dreams, for in them is hidden the gate to eternity.
Your fear of death is but the trembling of the shepherd when he stands before the king whose hand is to be laid upon him in honour.
Is the shepherd not joyful beneath his trembling, that he shall wear the mark of the king?
Yet is he not more mindful of his trembling?

For what is it to die but to stand naked in the wind and to melt into the sun?
And what is it to cease breathing, but to free the breath from its restless tides, that it may rise and expand and seek God unencumbered?

Only when you drink from the river of silence shall you indeed sing.
And when you have reached the mountain top, then you shall begin to climb.
And when the earth shall claim your limbs, then shall you truly dance.

Winnertz geskiedenis

Sleutelwoorde

, , ,

Sodat ons en ons nageslagte kan weet waar ons oupagrootjie vandaan kom.

Winnertz Familiegeskiedenis, soos saamgestel deur Drinie van Rensburg

Ons familie is die enigste Winnertze in Suid-Afrika, so die inligting oor die Winnertz- voorgeslagte was nie so maklik om op te spoor nie.

Ek het begin met inligting wat ek by my ma en tannie Ousie gekry het, en het ook van afskrifte van ou dokumente soos huweliksertifikate gebruik gemaak. Die Internet het my op die spoor van sekere inligting gesit wat ek toe opgevolg het. Toe ek eers vasgestel het presies waar die Winnertze vandaan kom in Duitsland,  het ek deur middel van e-pos met mense in Duitsland begin korrespondeer wat my baie gehelp het met inligting. Ek het selfs die presiese adresse opgespoor in Krefeld van die huis waar Oupa Hansie Winnertz se pa grootgeword het voordat hy na Suid-Afrika gekom het, en ook van die sy-fabriek wat aan sy vader Fritz behoort het.

Vroeg in 2007 het ek en Koos die plaas Hardekraaltjie besoek waar Oupa se pa begrawe is en ons het wel die graf gekry. Die graf is onversorg en bestaan net uit ‘n hopie klippe wat al gedeeltelik weggesak is in die grond.

In Augustus 2007 was ons in Holland by Marianne se skoonouers. Met die beplanning van ons vakansie het ons besef dis nie te ver van Krefeld af nie. Ek het die adresse saamgeneem en ons het toe een dag deurgery Duitsland toe om van die plekke op te soek.

Wat nou volg is ‘n samesteling van die familiegeskiedenis wat ek tot op hede kon opspoor. Ek begin met ‘n stamboom van die name wat ek wel kon opspoor:

270126_114735355358853_976490338_n

August Winnertz was ‘n wynmaker wat in die dorpie Krefeld in Duitsland gewoon het. Krefeld is naby die Nederlandse grens aan die suidekant van Nederland naby België. Groot stede daar naby is Köln en Düsseldorf.

hochstrasse

Hochstrasse in Krefeld in 1908

August was getroud met Louise Catharine Friedericke Kauert en hulle seun Johann
Friedrich Winnertz is op 28 Mei 1847 in Krefeld gebore.  Sy noemnaam was Fritz. (In latere dokumente, soos op die register van die dorp Lobberich waar Fritz uiteindelik oorlede is, word na sy ouers verwys as Louise Kauert en Peter Winnertz. Wat August se volle name was kon ek nie vasstel nie, so dalk was hy August Peter of Peter August.)

Fritz was ‘n sy-fabrikant. Op ‘n stadium is Fritz Engeland toe waar hy op 7 April 1875 met  Rosa Maria Burkhardt getroud is in die St. Stephen’s kerk, Hampstead, in Middlesex (naby London). Haar vader, Christian Ludwig Burkhardt, was ‘n professor in Duits volgens sy huweliksertifikaat. Op ‘n ander dokument word sy beroep aangegee as Sekretaris en Huismeester van die Hertog van Aberton (skrif onduidelik, kan nie mooi uitmaak nie). Haar oupa aan vaderskant, Philip Burckhart, was ‘n doeane-inspekteur en haar oupa aan moederskant, Benjamin R Faulkner, was ‘n kunstenaar.

Hoe lank hulle in Engeland gebly het kon ek nie opspoor nie maar dit kon nie te lank gewees het nie want al hulle kinders is in Krefeld, Duitsland, gebore. Sy woonadres op sy huweliksertifikaat word ook as Krefeld, Pruise, aangegee.

Die egpaar Fritz en Rosa Maria Winnertz het 5 kinders gehad, 4 dogters en 1 seun:

  • Louise Paula Winnertz, geb. 28 Januarie  1876
  • Adele Winnertz, geb. 22 Junie 1877, oorl. 1882/1883
  • Cora Winnertz, geb. 16 September 1878
  • Alice Winnertz, geb. 5 Augustus 1880
  • Johann Friedrich Winnertz, geb. 18 Mei

winnertz-westwall-st-194-krefeldDie gesin het in Westwallstraat 194 gewoon. Vandag is Westwallstraat ‘n pragtige boomryke straat in die middel van die stad Krefeld. Soos meestal die geval in Europese stede, is die huise direk op die straat en heeltemal teenaan mekaar. Hulle het dan klein tuine aan die agterkant van die huise weg van die straat.

westwall‘n Huis in Westwallstraat wat deur die bekende argitek Karl Buschhüter ontwerp is, dateer uit die laat 1800’s.

Ons was by die adres in Westwallstraat in Augustus 2007. Of dit nog die oorspronklike huis is kon ek nie vassstel nie maar dis heeltemal moontlik. westwall2In dieselfde straat is ‘n historiese gebou wat bewaar word en die boustyl lyk baie dieselfde, met die smal huis tussen die ander huise en ‘n paar verdiepings hoog (sien foto bo). Op ‘n foto wat in 1908 van ‘n straat daar naby geneem is kan ook gesien word dat die geboue toe reeds ‘n paar verdiepings hoog was.

westwall3Aan die onderpunt van die straat staan daar ‘n Katolieke kerk wat in 1863 gebou is, en dit was dus ook reeds daar toer die gesin Winnertz daar gewoon het.

westwall4

w-syfabriekFritz was die eienaar van ‘n sy-wewery fabriek. Die “Seidewaarenfabrik” J.F. Winnertz & Co. was in Dreikönigenstr. 52 gevestig,  en die fabriek se meganiese wewery in Neuenweg 1 in Krefeld. Die fabriek is verkoop aan die ou-Katolieke gemeente en op 12 Augustus 1890 het die “Christuskirche” op die perseel sy ontstaan gehad. Vandag is dit nie meer ‘n kerk nie, die perseel word gebruik as ‘n sentrum waar bejaardes versorg en verpleeg word.

Die sy-fabriek moes taamlik groot gewees het. Op die webwerf  http://www.lobberich.de/lobberich/geschichte(n)/heimatbuecher/74-193.htm het ek die volgende inligting gekry:

Die Firma Niedieck kaufte folgende Unternehmen: Mommers 1879; Samtweberei Braßeier und Co., um 1875 gegründet, 1885; Stoffweberei Fritz Winnertz, die aus Krefeld nach Lobberich verlegt hatte und hier mit 60 mechanischen Seidenwebstühlen arbeitete, 889; Jacquard­Samtweberei Jac. Bürhaus & Co./ vor 1890 gegründet, zuletzt bei Arbeitszeitverkürzung nur noch 30 Beschäftigte, 1902; schließlich die ehemalige Samt­ und Samtbandfabrik Franz Beckmann in Breyell (auf dem Gelände der heutigen Firma Rötzel) mit etwa 100 Beschäftigten im Jahre 1907.

w-weefstoelWat dit beteken is dat die tekstielfirma Niedick in 1889 die materiaalwewery van Fritz Winnertz gekoop het wat bestaan het uit 160 meganiese sy-weefstoele, dus ‘n redelike groot onderneming.

Die syfabrikant Johann Friedrich (Fritz) Winnertz  het op 31 Julie 1890 van Krefeld na Lobberich getrek en het in Süchtenler- straat 30 gewoon. Ek kon niks verder van sy seun Johann Friedrich daar opspoor nie, soos  wanneer hy na Suid-Afrika vertrek het nie.  Fritz se twee dogters, Alice en Cora, het in 1900 na die dorp Elberfeld getrek as  verpleegsters.

Fritz is op 17 Junie 1900 in Lobberich in die ouderdom van 53 jaar oorlede.

In Krefeld is daar vandag nog “spore” van die Winnertze. Daar is ‘n straat na hulle vernoem en daar is ook ‘n gebou met die naam Winnertzhof. Winnertzweg is ‘n pragtige boomryke straatjie in ‘n gegoede woonbuurt aan die kant van die stad. Die straat loop dood in ‘n lang boomryke laning met groot bome en landerye aan die anderkant.

winnertzweg

In 1890, nadat die sy-fabriek verkoop is, het die gesin verhuis na Lobberich, nie ver van Krefeld af nie.

Die seun Johann Friedrich Winnertz het hom bekwaam as onderwyser en het na Suid-Afrika verhuis. Hy het gaan skoolhou op Hardekraaltjie, distrik Waterberg, op ‘n sekere Swanepoel se plaas. Hy is getroud met Anna Maria Erasmus (Annie), gebore 10 September 1889.  (Haar broer was Pieter Barend Elardus Erasmus. Die dorp Ellisras (nou Lephalale) is na hom en Patric Ellis vernoem.)w-hardekraaltjie

Op 9 Augustus 1906 is hulle enigste kind, Johann Friedrich (Hansie) Winnertz, gebore.

w-oupa-w-as-baba

Die Duitser Johann Friedrich Winnertz in 1906 met sy Suid­-Afrikaanse vrou Annie (Erasmus) en hulle baba Hansie. Regs van hulle is Annie se ouers en die ander persone is broers en susters asook ook ‘n neef.

Ongelukkig het die Duitser malaria opgedoen in Suid-Afrika en hy sterf drie jaar na Hansie se geboorte. Ouma Annie het weer in die huwelik getree met Pieter du Plessis – meer hieroor volg in Tannie Ousie se vertellings.

‘n Klein hopie klippe onder ‘n doringboom op Hardekraaltjie in Suid­-Afrika – die einde van ‘n jong man wat sekerlik met groot drome op ‘n skip uit Duitsland gekom het na die onbekende Afrika.

w-graf

Ons is dus die enigste afstammelinge van die Winnertz-familie in Suid-Afrika. Bogenoemde inligting is al wat ek op die stadium kon opspoor.  Ek gaan van die e-pos briewe wat ek uit Duitsland ontvang het met inligting hier plaas.

Wat baie interessant is, is dat ek na die dorp Krefeld se biblioteek per e-pos ‘n versoek gestuur het om my te verwys na iemand wat my dalk kan help met meer inligting. Ek het die briefie in Engels gestuur maar het genoem dat hulle maar kan terugskryf in Duits want ek kan dit goed verstaan. Was my verbasing groot toe ek binne ‘n paar dae ‘n antwoord kry – in goeie Afrikaans!! Hier is die briefie wat ek ontvang het:

Geagte mev. van Rensburg

 

Volgens die bevolkingsregister van die stad Krefeld is die sy­fabrikant Johann Friedrich Winnertz op 28 mei 1847 te Krefeld gebore en getroud met Rosa Maria Burkhardt, gebore op 22 desember 1852 te Londen.

Vermeld is in die bevolkingsregister ook die egpaar se kinders, die dogters Adele Winnertz, gebore op 22 junie 1877 te Krefeld en miskien in die jare 1882/1883 oorlede, Louise Paula Winnertz, gebore op 28 januarie 1876 te Krefeld, Cora Winnertz, gebore op 16 september 1878 te Krefeld, Alice Winnertz, gebore op 5 augustus 1880 te Krefeld, en die seun Johann Friedrich Winnertz, gebore op 18 mei 1883 te Krefeld.

Op 31 julie 1890 het die hele gesin kennis gegee van vertrek na Lobberich. Omdat Lobberich nu by Nettetal hoort kan u wellig daardie stadsbestuur, e­pos: stadtnettetal@ nettetal.de, vir die tyd vanaf 1890 voorthelp.

Ek hoop dat hierdie inligtinge vir u van nut sal wees.

Vriendelike groete.

In opdrag,

Michael van Uem

Der Oberbürgermeister

Stadtarchiv

47792 Krefeld, Duitsland

Telefoon: +49 2151 86­2706 Faks: +49 2151 86­2710 e­pos: michael.van.uem@krefeld.de webwerf: http://www.krefeld.de

Ek het later weer met hom gekorrespondeer om te hoor hoe ken hy Afrikaans. Hy kom oorspronklik van Nederland af en stel maar net baie belang in Suid-Afrika en het besluit om Afrikaans aan te leer. Hoe klein is die wêreld nie met moderne tegnologie!

Ek het aan die stadsbestuur van Nettetal geskryf maar hulle kon my nie verder help      met inligting nie. Later het ek weer die volgende briefie ontvang:

From: Bernhild.Mertens@nettetal.de

Sehr geehrte Frau/Herr van Rensburg,

In den alten Melderegistern der Gemeinde Lobberich hat mir das Kreisarchiv Viersen folgende Informationen zugesandt:

“Der Seidenfabrikant Johann Friedrich Winnertz aus Krefeld kam am

31.7.1890 in Lobberich zur Anmeldung; er wohnte auf der Süchtelner

Str. 30. Eine Abmeldung seines später ausgewanderten Sohns gleichen Namens ist nicht vermerkt. Dessen Schwestern Alice und Cora sind 1900 als Krankenpflegerinnen nach Elberfeld verzogen. Auch eine Durchsicht der Ein­ und Auswanderungsakten hat nichts ergeben.

Mit freundlichen Grüßen

  1. Meyer­Rogmann

Dr. Gerhard Rehm

Kreisarchiv Viersen

Thomasstr. 20

47906 Kempen (Germany)”

Daraus ergibt sich leider keine weitere Information, wann die Familie nach Südafrika ausgewandert ist.

In den Personenstandsbüchern des Standesamtes Lobberich jetzt Nettetal habe ich folgende Unterlagen gefunden:

­ Fritz Winnertz, Ehemann von Rosa Burkhardt, geboren zu Krefeld, Sohn der verstorbenen, zuletzt zu Krefeld wohnhaft gewesenen Eheleute Peter Winnertz und Louise Kauert, ist am 17.06.1900 in Lobberich im Alter von 53 Jahren verstorben.

Den Tod der Ehefrau konnte ich bisher nicht finden.

Ich hoffe, Ihnen mit den Angaben zunächst weitergeholfen zu haben und verbleibe mit freundlichen Grüßen

Frau B. Mertens

Toe ons in 2007 ons oorsese vakansie  beplan, het ek weer met die “Afrikaanse” man in Duitsland gekorrespondeer:

Geagte Mev. van Rensburg

Daar is geen ander vereistes om vanuit Nederland vir een dag of langer na Duitsland te gaan nie.

Johann Friedrich Winnertz het in Krefeld met sy gesin Westwall 194 gewoon. Die Seidewaarenfabrik (sy­fabriek) J.F. Winnertz & Co. was in die Dreikönigenstr. 52 gevestig, die fabriek se meganiese wewery Neuerweg 1.

– So kan u ook hier met ‘n plattegrond op die spore van u voorouers wandel.

Warm weer beleef u in Europa in Spanje, Suid­Italie en Griekeland met dagtemperature omtrent 40 grade C en helaas ook bosbrande. In Engeland, Nederland en Duitsland is dit die laatste tyd baie wat kouder met dagtemperature omtrent 20 grade C en reen ­ noem dit maar ‘n Suid­Afrikaanse winter. Suid­Engeland beleef die verbye weke langs die riviere Theems en Severn selfs hewige oorstromige. Van die rampspoed is die mense o.a. in Gloucestershire en Oxfordshire betref.

Ek wens u ‘n goeie reis en mooi vakansie­dae in Europa.

Vriendelike groete.

In opdrag,

Michael van Uem

Daar is ‘n tekstielmuseum in Krefeld en ek het hulle ook genader vir moontlike inligting maar hulle kon my nie help nie

Ek het toe later hierdie brief van die Stadargief van Krefeld ontvang:

Sehr geehrte Frau van Rensburg, in Bezug auf Ihre mail vom 04.08.2007 habe ich folgendes ermittelt:

die Firma Ihres Urgroßvaters, J.F. Winnertz & Co, hatte zwei Geschäftsstellen. Die Seidenwarenfabrik auf der Dreikönigenstraße 52 und die mechanische Weberei auf der Neuenstraße 1.

1889 verkaufte die Firma ihre Immobilien an Niedieck. Der behielt die mechanische Weberei, überließ aber das Grundstück an der Dreikönigenstraße der altkatholischen Gemeinde am 12.08.1890. Dort entstand dann die Christuskirche. Leider konnte ich kein Fotomaterial über Ihren Urgroßvater oder seine Firma finden. Ich hoffe, Ihnen dennoch weitergeholfen zu haben.

Mit freundlichen Grüßen Im Auftrag

Paul­Günter Schulte

________________________

Der Oberbürgermeister

Stadtarchiv

47792 Krefeld

Telefon: +49 2151 86­2701

Fax: +49 2151 86­2710

E­Mail: stadtarchiv@krefeld.de

Internet: http://www.krefeld.de

****************************

Met die grootste dank aan my suster Drinie vir haar harde werk om al die navorsing te doen en hierdie inligting bymekaar te sit.

Ek respekteer jou – Regtig?

Sleutelwoorde

Die deurklokkie luis, net toe ons regskuif vir ontbyt. Dis ‘n paniekbevange gas wat hulp nodig het, sê sy, haar stem hoog en vinnig van ontsteltenis. Ek skakel dadelik die stoofplaat af en gaan hoor wat die probleem is, want my man lyk of hy nie mooi verstaan nie. “Julle móét my help! Ek het nood!”

Nou wie sal nie dadelik help nie? Veral as dit ‘n betaalde gas in jou gastehuis is. Vriend of vyand, bekend of vreemd, as jy val voor ons huis, tel ons jou op en was die bloed af en maak tee. Pap wiele word vir jou omgeruil, al het jy ons randsteen beskadig. Nè? In hierdie geval het ‘hulp’ beteken dat ek/ons moes Spar toe om vir haar ‘n koek te gaan koop wat sy wou saamneem iewers heen, en haar geloof verbied haar om op hierdie mooi Maandagoggend handel te dryf. En dis moes nóú gebeur, sy was reeds laat. Ek het eers toe ek die koek veilig in haar hande afgegee het, die absurditeit van die situasie besef.

Klink hierdie bekend?

Jy moet my geloof respekteer
Respek moet verdien word
Jy moet my privaatheid respekteer
Ek respekteer nie jou standpunt nie, ek respekteer die mens
Kinders het nie meer respek vir enige iets nie

Dis so maklik om oor sulke goed te praat, sonder dat ons regtig dink oor wat ons sê. Ons almal weet vaagweg wat die woord respek beteken, tog interpreteer ons dit anders in verskillende situasies.

koekDie hele dag het die situasie my gepla, ek het gewonder waarom ek dit met groot liefde vir haar gedoen het. Sou ek dieselfde doen vir my buurvrou? Ek twyfel. Vir iemand wat ek goed ken, sou ek seker sê moenie jou geloof se beperkinge my probleem maak nie. Vir ander sou ek dit dalk gedoen het, maar hulle sou moes wag totdat ek tyd het. Die waarheid het ek eers besef toe ek klomp scenarios probeer voorstel, hoe ek die suituasie sou hanteer en vir wie sou ek my eierpan eenkant toe geskuif het en eers Spar toe gegaan het. Vir wie of waarvoor het ek genoeg respek om dit uit my hart uit, met liefde te doen? Klink dit selfsugtig as ek sê ek het dit gedoen omdat sy ‘n betaalde gas is? My lojaliteit het gelê by ons besigheid en ek het genoeg respek vir ons besigheid dat ek gevra het, “Enige spesifieke koek? Hoeveel moet ek spandeer?”

Verlede week was daar ‘n relletjie tussen twee kelners by ‘n restaurant van ‘n bekende padstal, waar die ouer een (wat al jare lank vir ons kos aandra) so onder haar asem vir die dikbek jong kelner toesnou: “Is oor djy nie rispekte het vir grootmense nie…” Vir my het sy kopskuddend kom vertel van die jongetjies wat nie meer maniere het nie, terwyl die einste jongetjie haar lot bekla by ‘n ander kelner en hulle giftige kyke het my bly gemaak dat ek nie daardie dag kos uit hulle hande eet nie. Die situasie sou snaaks kon wees, as dit nie soveel sê van ons almal daar se menswees nie; en hoe onregverdig die ‘aanklag’ was, waar hulle op gelyke voet, gelyke werk doen.

Begin respek nie by onsself nie? As jy respek het vir jouself en jou os en jou esel, is dit maklik om te sê: “Natuurlik! Met plesier.” Sonder waarde-oordele oor ander se geloof, gedrag of menswees.

“Above all, don’t lie to yourself. The man who lies to himself and listens to his own lie comes to a point that he cannot distinguish the truth within him, or around him, and so loses all respect for himself and for others. And having no respect he ceases to love.”
― Fyodor Dostoyevsky, The Brothers Karamazov

Dood sonder angel – Regtig?

Die enigste ding wat elke mens op hierdie aardbol in gemeen het, is die feit dat iedere een gebore is en ook gaan sterf. Of jy nou bekend is en of jy bloot bemind is. Die afgelope dae was daar baie seer op Facebook, by my kennisse, vriende en ook in my familie.

Wanneer ‘n bekende persoon sterf, veral onder tragiese omstandighede, is daar soos met enige onbekende en ‘onsigbare’ mens wat dood is, vriende en familie wat rou. Rou is seer, rou is privaat. Mens se hart voel letterlik rougeskraap en blootgestel, soos ‘n brandwond. Elke persoon hanteer so iets anders, soos wat hy maar ook sy vreugdes hanteer. Party deel hulle verdriet in die openbaar, maar juig ook openlik oor hulle vreugdes. Facebook is maar bloot ‘n verlengstuk van ons menswees, elkeen tree op na sy aard. Party mense is privaat en skugter, ander maak ‘n spektakel van alles; en die meeste van ons val iewers op hierdie lyn tussen die ekstremes.

Wat my altyd opval is al die mooi goed wat oor mense geskryf word na hulle dood. Nou wonder ek hoe sou mense eendag na my dood oor my skryf? Hoe sou dit verskil van wat hulle nóú sou skryf as hulle hoor ek het met hulle beste vriendin se man weggeloop? Ons het almal goed en sleg in ons, maar net die beste van almal word onthou na hulle dood. Sou dit nie sin maak as ons daardie mooi nóú in mense sien en dit ook vir hulle sê nie?

My ma se dae loop uit en sy is baie nugter daaroor. Sy het altyd geleef om die mooi in ander te sien, en telkens die kinders geleer van die silwer randjie om die donker wolke, al was daar vernietigende hael in die stormwolke. Een oom het een dag, járe gelede gesê as hy net een mens moet kies as voorbeeld wat reguit hemel toe gaan, sal dit my ma wees. So nugter soos wat sy oor haar naderende dood is, so praat sy ook oor die feit dat mense tog nie agterna al die goeie dinge op ‘n begrafnisbriefie moet skryf oor haar nie. Sus Kobie (Slakkelak) is besig om iets oor my ma te skryf, maar sus Teunet het hierdie briljante idee gekry dat elke een van ons agt kinders en kleinkinders vir haar nóú, terwyl sy dit kan lees, skryf wat sy vir ons beteken het. Die afgelope dag of twee het dit glad nie goed gegaan nie en het Teunet die troepe soos ‘n sersant-majoor aangejaag om nóú te skryf. Is dit nie ‘n briljante gedagte nie?

“That’s part of what I like about the book in some ways. It portrays death truthfully. You die in the middle of your life, in the middle of a sentence”
― John Green, The Fault in Our Stars

death-is-nothing

 

 

 

 

Ek is gelukkig met my keuses! Regtig?

Sleutelwoorde

,

Life is a comedy written by a sadistic comedy writer.

Wanneer laas het jy ‘n dolk in jou maag gevoel steek, en net sodra jy tjoepstil sit van die skok, word daardie dolk gedraai, om sy snykant te skuif. Herhaal verskeie kere binne 90 minute en jy eindig stil, leeggebloei.

Life is a comedy written by a sadistic comedy writer. Hierdie woorde van Bobby in Woody Allen se fliek, Café society klink dalk sinies, maar soos wat die fliek verloop, besef jy hoe ongelooflik realisties die gewone keuses van ons lewens, die verloop daarvan asook jou groei verder beïnvloed.

Dit leer dat keuses nie maklik is nie, dat keuses finaal is maar altyd ‘n sekere leemte laat. As jy glo in die konsep van soul groups, maak die verloop van die fliek totaal sin, al wil jy die karakters soms skud oor hulle keuses. Daar is ook die angs wat gepaard gaan met lewensveranderende besluite, die aanvaarding van verantwoordelikheid daarvoor, en die gevolge daarvan, wat deur uitstekende spel uitgebeeld word.

Leonard: Socrates said, “The unexamined life is not worth living.” But the examined one is no bargain.

Café society is propvol ironie en paradokse. Die onskuld van Bobby, tog is hy almal se confidante. Die gangster-broer met die sagte hart. Daar is ‘n sekere tipe humor wat Woody Allen meesterlik regkry, daar gebeur hartseer  en skrikaanjaende dinge, wat jou (ontoepaslik) laat uitbars van die lag.

Ek vermoed mens is ‘n Woody Allen aanhanger, of nie. Ek is ‘n groupie.

Rose Dorfman: First a murderer, then he becomes a Christian. What did I do to deserve this? Which is worse?
Marty Dorfman: He explained it to you. The Jews don’t have an afterlife.
Rose Dorfman: We are all afraid of dying, Marty! But we don’t give up the religion we are born into.
Marty Dorfman: I’m not afraid to die.
Rose Dorfman: You’re too stupid to appreciate the implications.
Marty Dorfman: I didn’t say I like the idea. And I will resist death with everything I have. But when the Angel of Death comes to cut me down, I’ll go. I’ll protest. I’ll curse. You hear me? I will go under protest.
Rose Dorfman: Protest to who? What the hell are you gonna do? Write a letter to the Times?
Marty Dorfman: I will protest in silence.

 

Ek moes met my jeugliefde getrou het! Regtig?

Illusie? Nee, dis ‘n skrikwekkende gedagte. Iets wat só maklik ‘n realiteit kon wees.

Dit is so maklik om illusies te hê oor daardie jeugliefde. In ons eie harte en koppe is ons self mos nog steeds dieselfde mens, jonk en vol woema. Dit is so maklik om tydens die realiteit van ons verhoudings en huwelike, as ons soos maalklippe aanhou maal, maar nooit regtig ons skurwe kante glad kry nie, te dink hoeveel beter die lewe sou wees saam met jou jeugliefde. Die prentjie in ons koppe is natuurlik nie dié van ‘n middeljarige persoon wat net soos ons almal, al deur skandes en die skades gemerk is met die emosionele en fisieke littekens van die lewe nie. Nee, in ons koppe is dit maklik om daardie jeugliefde te sien soos ons hulle onthou, borrelend en bruisend, in die bloeiselfase waar alles groei en bot in die lente van ons lewens.

My heel eerste liefde is vroeg-vroeg dood aan ‘n hartaanval, vir hom het ek eenmaal in Rietfontein raakgeloop en my hart het omgekeer, maar daardie jare het mens mos nie sommer net nommers geruil nie. Ons was beide getroud met twee kleintjies en besig om aan ‘n lewe te bou en dit was goed so. Kort daarna het ek gehoor hy is dood aan ‘n hartaanval op ‘n baie jong ouderdom. Ek kan nie eers begin om te dink hoe my lewe sou wees as so jong weduwee nie.

My heel eerste ernstige verhouding wat sou kon lei tot ‘n huwelik, sou my grootste tragedie ooit wees. Vir hom het ek twee maal agterna gesien, ongeveer 1990 het ons in Pretoriusstraat in Pretoria afgery, en hy het langs ons ingetrek op sy motorfiets. Ek het gebrand om die ruit af te draai en hom te beduie om ons te volg, maar ek het nie. Daarna het ek nooit weer van hom gehoor nie, totdat ek hom in 2007 weer in Pretoria by ‘n robot gesien het, hierdie keer vuil, onversorg en met ‘n bord om sy nek. God bless.

Hoe sou ons tog weet wat moontlik was in ons lewe? Ek het verlede week een oggend wakker geword met hierdie vreemde gewaarwording, van drie moontlike rigtings wat my lewe kon inslaan. Twee daarvan het ek gevolg, die een het ek halfpad opgehou stap om die derde rigting te kies. Maar die eerste een, die hoofstroom wat my lewe sou kon wees, sou my my menswees gekos het.

“She is free in her wildness, she is a wanderess, a drop of free water. She knows nothing of borders and cares nothing for rules or customs. ‘Time’ for her isn’t something to fight against. Her life flows clean, with passion, like fresh water.”
― Roman Payne

Ek het dit oorkom! Regtig?

Sleutelwoorde

, , ,

Baie mense beleef dat sekere temas in hulle lewens herhaal word, soos die man wat sy kinders mishandel en dan as versagting aantoon dat hy self as kind mishandel is. Of die vrou wat herhaaldelik betrokke raak by mans wat haar onderdruk of mishandel. Soms kom mense uit daardie omstandighede en soms nie. Mense wat van buite kyk, kan meestal glad nie verstaan waarom so iets gebeur nie.

Vanoggend is ek getref deur iemand na aan my wat vir ‘n hele aantal jare deur ‘n gesinslid verwerp is. Dieselfde persoon wat haar verwerp het, word nou deur iemand anders baie na aan hom, verwerp. Karma, sal baie mense dadelik dink, maar dis nie so eenvoudig nie. Vir my het dit niks met saai en maai te doen nie, maar met die tema van jou lewe.

Dit is vir my duidelik uit my eie lewe en ook uit die waarneming van ander mense wat ek goed ken, dat elke mens een of twee duidelike temas op hulle lewenspad het waarmee hulle herhaaldelik gekonfronteer word. Hierdie tema kan op enige manier manifesteer, jy kan dit ervaar in jou lewe, op enige manier. As jou tema bv armoede is, kan jy daarmee gekonfronteer word in verskillende situasies, op verskillende tye van jou lewe, afhangend van jou keuses. Jy kan leer om armoede te aanvaar of jy kan armoede oorkom, maar jy verwerk armoede op een of ander manier op jou lewenspad.

Nou verband hiermee is keuses. Keuses is nooit maklik nie, dit is nie altyd ‘n Maklik-Moeilike keuse nie. Dikwels is dit Moeilik-Moeilik. Niemand kan die gevolge van ‘n keuse voorsien nie, en dikwels is die gevolge van ‘n keuse hartverskeurend, al was dit op daardie oomblik die beste keuse onder die omstandighede. Ons moet net altyd bly glo dat dit tóé die regte keuse was, en dat ‘n ander keuse nie noodwendig beter gevolge sou hê nie.

Wanneer daar twee duidelike temas in jou lewe is, en jy neem in ag hoe die keuses wat jou lewe se rigting verander het, verskillende maniere gebied het hoe hierdie temas kon manifesteer, word dit nogal ingewikkeld om insig te hê in daardie temas, of jy dit moet oorkom en of jy dit moet leer aanvaar. Die verskillende maniere waarop ons hierdie uitdagings op ons lewenspad aanpak, maak dit natuurlik ‘n reuse uitdaging!

Natuurlik is dit makliker om van buite te kyk na ander se lewenspaaie en temas en eers met nabetragting kan ons ons eie bepaal. Dit verg geweldige selfinsig om werklik te besef wat hierdie temas is en hoe dit ons lewens beïnvloed, omdat dit so verwikkeld is, afhangend van die keuses wat ons maak wat die rigting van ons lewens verander, soos verhoudings en beroepskeuses.

Hierdie eenvoudige tabel illustreer net drie verskillende opsies van iemand se lewe, wat Eensaamheid en Armoede as tema het.

Armoede Eensaamheid Resultaat
Lewenspad A Ervaar uiterste Armoede Emosioneel bitter eensaam (Ervaar eensaamheid in uiterste armoede)
Lewenspad B Ervaar armoede Taamlik eensaam (Verwerk/aanvaar nie een van die twee nie)
Lewenspad C Oorkom armoede Taamlik eensaam (Oorkom armoede en aanvaar eensaamheid)

Armoede as tema kan natuurlik ook materiële rykdom insluit, as ‘n manier waarop dit verwerk en oorkom word, daarom is dit so moeilik om te sien wat dit is wat ons lewe se pas aangee, wat ons motiveer en rig. Die rede of oorsprong van die temas op ons lewenspad word op ‘n manier deur onsself gekies, voor ons gebore word al, as die rede vir ons bestaan, die doel waarom ons lewe. Maar eintlik maak al hierdie net sin, as jy in reïnkarnasie glo.

En soos André P Brink sê: Só lyk ons vurk in die pad dan: Die tradisionele óf – óf word vervang met die oneindige meer komplekse én – én. Dit beperk ons nie tot reguit en finale antwoorde nie. Dit of dat mag waar wees, maar tersélfdertyd is daar hope ander dinge wat waar mag wees. Elke keer as daar ‘n vurk in die pad is: kom ons vat hom.

 

 

 

 

Luister na my stem …

Sleutelwoorde

,

Hipnose is een van daardie dinge wat my in al die fases van my lewe geïnteresseer het. Selfs van my kinderdae af, het ek gespeel met selfhipnose/meditasie, sonder dat ek die vaagste benul gehad het wat ek doen. Ek het myself gewil om met toe oë vorms en kleure te bekyk. As studentverpleegster is ek uit die klas gepiek vir die lesing oor hipnose sodat die res kon lag, later as sielkundestudent het dieselfde gebeur. (Die dosent het my agterna eenkant gehou vir geselsies oor ESP, en twee stelletjies kaarte in my hand gestop om mee te gaan speel om my ‘talent’ te ontwikkel.) Iewers in die laat sewentigs het een van my kollegas my ook gehipnotiseer, sommer vir die grap. (Hy was darem opgelei om dit te doen.) Selfs Martino het my uit die gehoor gepiek om op die verhoog aan een of ander oëverblindingtoertjie deel te neem. Hy het met my brein gesmokkel, ek kon agterna glad nie onthou wat op die verhoog gebeur het nie, en het effe gedisoriënteerd gevoel. Iewers staan daar dus op my voorkop geskryf Hipnotiseer my asseblief.

‘n Paar jaar gelede het ek ogegaan vir twee regressiesessies (PLR) en dit het baie gehelp om  die sin van my lewe  en die klippe op my lewenspad te verstaan. Skielik het ‘n klomp dinge net ingekaargepas soos Rubik’s cube wat met die laaste paar draaie al sy kleure bymekaar het. Verhoudings en vriendskappe wat ontwikkel of gesneuwel het, was maklik om te aanvaar en te verwerk.

Die begrip Hipnose, hoe dit werk en waarom sekere mense meer vatbaar is daarvoor, het my altyd gefassineer, ek het gewonder oor die rede waarom dit werk vir party en nie vir ander nie. Nou het professor Spiegel by die Psigiatrie departement van Stanford Universiteit deur ‘n studie aangetoon dat sekere dele van die brein verander in ‘n hipnotiese staat.

“By scanning the brains of subjects while they were hypnotized, researchers at the School of Medicine were able to see the neural changes associated with hypnosis.

The scientists scanned the brains of 57 people during guided hypnosis sessions similar to those that might be used clinically to treat anxiety, pain or trauma. Distinct sections of the brain have altered activity and connectivity while someone is hypnotized, they report in a study published online July 28 in Cerebral Cortex.  

“Now that we know which brain regions are involved, we may be able to use this knowledge to alter someone’s capacity to be hypnotized or the effectiveness of hypnosis for problems like pain control,” said the study’s senior author, David Spiegel, MD, professor and associate chair of psychiatry and behavioral sciences.”

Lees die volle artikel HIER.

(In my volgende lewe wil ek ‘n kognitiewe neurowetenskaplike word)

13900967_10154278042600396_781273963_n13872595_10154278035390396_195643778_n

You use hypnosis not as a cure but as a means of establishing a favorable climate in which to learn. 

– Milton H. Erickson, MD

 

 

Jy is suksesvol! Regtig?

Sleutelwoorde

,

Volgende jaar is ons 1972-matrieks se 45-jaar reünie. Facebook het dit makliker gemaak om die mense op te spoor, maar ek is verstom hoe min van ons groep eintlik in die  ‘openbare domein’ is. Moontlik word dit wat ek doen vir ‘n lewe grootliks bepaal deur sigbaarheid op die internet, moontlik is dit my ingebore nuuskierigheid oor en belangstelling in ander mense se lewens, maar meer waarskynlik is dit bloot die tikkie ekshibisionisme in my wat maak dat my lewe so ‘n ope boek is.

Eers was ek nogal lus om te gaan, maar ek het my motiewe bevraagteken, en besef dis maar net blote nuuskierigheid wat sou maak dat ek dalk gaan. Ek ken myself, ek is geen party animal nie, en ek sou almal wou bekyk, en na 10 minute huis toe gaan. As ek nie in die vyf jaar op hoërskool met iemand sou aanklank vind nie, waarom nou skielik? Met ons 15-jaar reünie het min mense my herken, of my geselskap opgesoek. Ek was immers een van die Onsigbares op skool.  ‘n Taamlik arm plaaskind. Gelukkig darem die arm-maar-ordentlike soort. Die dorpskinders het mekaar geken sedert laerskooldae en saamgespeel, die koshuiskinders was ‘n geslote groep wat niemand in hulle binnekring wou hê nie.

Met die 25-jaar reünie het ek al bietjie ontluik, ek was in ‘n akademiese omgewing en het gaan selfvertroue leer by Toastmasters. Weer het min mense my regtig herken, of my geselskap opgesoek. Maar dankie aan Hendrik, vir die bier wat hy vir my gekoop het, en iets moois vir my gesê het.

Op ons Facebook-groep word min ander dinge gedeel as reëlings en foto’s van die jaarlikse reünies; en natuurlik afsterwes. Ons is immers nou in daardie tydvak dat dit nie meer onnatuurlik is of dat mense sê, so jonk nog, nie. Niemand deel egter mooi dinge daar of prestasies nie. Natuurlik sou dit interessant wees om te sien wie het uiteindelik sukses behaal in hulle lewens. Maar waaraan meet jy sukses? Wat is sukses? Word dit gemeet aan jou inkomste, jou geleerdheid, jou voertuie, woongebied, vakansiehuis, oorsese reise, suksesvolle kinders, kortom alles wat status verleen?

Success – though longed for – is not an uncomplicated state. It attracts admiration, but also envy. It emphasises our virtues, but – unwittingly – delivers a humiliating verdict on the status of those around us. We tend to locate the reasons for career setbacks in the external world: in the frustrations of office hierarchies and the vagaries of the economy. But sometimes the reasons are purely internal ones, nothing to do with a lack of skill on our part, rather a psychological inhibition about overtaking those who have nurtured us. We can ‘fail’ in order to keep succeeding at other things we’re attached to, like not humiliating our parents.

Hierdie stukkie kom uit Book of Life en verduidelik dalk waarom ons geslag nooit oor ons prestasies en suksesse praat nie, dit afmaak as niks. Tog het ons hard gewerk vir alles wat ons bereik het en is valse beskeidenheid sekerlik onnodig?

Ek glo die mense wat ek nodig het in my lewe vir my verdere groei en ontwikkeling, sal my paadjie kruis, reünie of te nie. Ek hóéf my nie meer te meet aan ander soos op skool nie. Ek is happy and content, my lewe is lekker en relatief ongekompliseerd, ek het absoluut alles wat my hart maar kan begeer, al kan dit nie altyd meeding met die tradisionele maatstawwe van sukses nie. So sit ek nou maar lekker hier by die see en kyk maar so na die wind en die wolke op ons berg wat die mis en die reën bring… En wonder oor sukses.

En ek weet: “We grow neither better or worse as we get old, but more like ourselves.” – Bernard Baruch

Van die eerste dag in standerd ses tot matriek

Toor met Suurlemoen

Sleutelwoorde

‘n Suurlemoen is darem ‘n lieflike vrug, hy is glad en mooi en kleurvol, maar hy staan sy man. Sy skil se olie is pikant, sy sap het byt. Demp hom met ‘n strooisel sout en so ‘n skyfie suurlemoen met skil en al na ete is heerlik. Gegewe jy het dit met jou eie hande in jou eie kombuis gesny bygesê, ‘n moeë suurlemoenkwart in ‘n restaurant tel nie.

Omdat ons baie Gremolata eet, het ek dikwels meer suurlemoen as skil en dit is teen my grein om goed net weg te gooi. Verál as daardie suurlemoen-sonder-skil in ‘n plastiekbakkie in die yskas beland en daar bly lê totdat ek skuldig voel as hy blou begin skyn en dit dan weggooi.

Nou ja, boeremeisies se deug word gelukkig nie meer gemeet aan deeg wat goed rys, of spensrakke vol blink rye ingemaakte vrugte en konfyt nie. Ons kook nou vir die lekker.

As daar ‘n suurlemoen of twee is met afgeskraapte skil, sny ek dit deesdae in dun skywe. Pak in ‘n wyebekfles en strooi growwesout oor elke lagie. Sny ‘n paar knoffelhuisies middeldeur en pak tussenin. Vul met olyfolie. Vergeet dit nou vir ‘n paar weke in die yskas.

So ‘n skyfie gepekelde suurlemoen is heerlik by hoender of vleis. Drup van die olie (dit word dik in die yskas) oor enige kos of slaai. My ontbyt was vanoggend ‘n slaai gemaak van ‘n avokado in blokkies gesny, twee skywe van hierdie suurlemoen in klein stukkies gesny, gekrummelde feta daaroor, ‘n paar olywe,  bietjie ekstra van die olie en ‘n strooisel tuisgemaakte Dukkah.

Probeer dit. Jy sal altyd twee bottels in verskillende stadiums van beleënheid in die yskas hê as jy dit eers geproe het. Dit hou vir maande.

Laat weet my oor ‘n paar weke hoe dit proe!

Swieties is gesond! Regtig?

Maak vir die kinders swieties, dis gesond! Regtig! Nou nie álle swieties nie nè, net die soort soos hierdies wat ek maak.

Vergeet van die duur pakkie Jerusalem Toffees by die ‘gesondheidsafdeling’ van supermarkte, dis bloot gedroogde dadels.

  • Sy dadels in drie, terwyl die oond warm word tot 150 grade. Plaas stukkies op waspapier ‘n entjie uit mekaar uit. Na 20 minute ruik die hele huis heerlik na molasses, skakel die oond af en laat dit in die oond afkoel. (Haal twee stukkies uit en laat vinnig in vrieskas afkoel ‘om te proe of dit reg is’.) Hou in ‘n bottel of lugdigte Tupperbak. Dit proe bietjie soos die oorspronklike geur Wilsontoffies.
  • Skil piesangs en sny in twee. Vries. Dit verkleur glad nie. Sny in ringetjies en eet dadelik. (Dis lekkerder as wat dit klink! Dit proe soos piesangroomys.)
  • Vries yoghurt in yslollievormpies. As jy vir jou kinders versoete vrugteyoghurt gee, vries dit net so. Vir die gesonder opsie, gebruik dubbeldik griekse yoghurt en blits dit met bessies en bietjie Xylitol.
  • Maak roomys van een blik yskoue Ideal-melk wat jy styf klits, twee gevriesde piesangs wat jy in stukkies sny en fynblits met bietjie van die Ideal-melk, bietjie Xylitol en kakao. (Vir grootmensroomys gooi jy 50 ml Amarula by). Die dae wat jy die blik geklopte Ideal-melk met ‘n blik kondensmelk en ‘n houertjie room gemeng en gevries het, is helaas verby. Soveel suiker is ongesond.
  • Maak seed bars. Rooster eers al die sade wat jy het in ‘n bietjie klapperolie tot ligbruin. Oppas net, dit brand maklik, roer dit heeltyd. Golden flax seed, sesamesaad, sonneblomsaad, pampoenpitte en hierdie groot, plat klapperskyfies. Jy kan ook amandel slivers bysit. Meng dan so drie dele klapperolie, een deel neutbotter (grondboontjiebotter sal ook doen) met die sade. Meng dan bietjie Xylitol en kakaopoeier deur na snaak, en gooi alles in plat pan. Laat stol in die yskas, sny in blokkies en hou in die vrieskas.
  • Maak smoothies van yoghurt, gevriesde piesangs wat in skyfies gesny is en enige bessies en/of vars vrugte en ‘n klein bietjie sap.

Mens raak so gewoond dat hierdie swieties is, dat dit al vir my na kroek begin klink. Eintlik is dit bietjie kroek, want ons eet sover moontlik geen verwerkte kos, kunsmatige kleur- of geurmiddels nie.

 

Gelukkig getroud! Regtig?

Elke huwelik het ‘n rakleeftyd. Sommiges se vervaldatum is sommer vinnig na die blinkoogbloeiselbruid haar Facebookstatus verander het na Married en ander se vervaldatum is eers lank na die afsterwe van een van die twee.

Die Heilige Huwelik. Die kontrak, die tronk, die veiligheidsnet. Vir elke mens beteken dit iets anders.

Waarom trou mense? Waarom trou mense nog in vandag se tyd? Dit is maklik om te dink die huwelik is uitgedien, maar strukture en wette is steeds van so ‘n aard dat dit bloot net makliker is vandag vir een man om met een vrou getroud te wees. Geen afwyking daarvan het dieselfde clout in die breër gemeenskap en voor die reg nie. Dis maklik vir mense om na die huweliksertifikaat te verwys as ‘n “stukkie papier”, totdat die einste mens raad soek oor hulle regte na ‘n saamwoonverhouding.

Die Kerk as struktuur sit steeds hande in die hare oor die hele kwessie van homoseksualiteit. Die afgelope klompie dekades waarin ek as grootmens funksioneer, het daar in die Westerse wêreld ‘n ingrypende verandering plaasgevind in bestaande familiepatrone. Hierdie veranderings manifesteer in die stygende egskeidingsyfer, buite-egtelike geboortes, selfdegeslag huwelike, poli-amorie en saamwoonverhoudings.

Maar waar kom die huwelik as instelling vandaan? Is dit ‘n sosiale konstruk, of ‘n kerklike instelling? Is dit gevoed deur Calvinistiese sienings, of die gevolg daarvan? Die skeppingsverhale is in baie opsigte gebruik en misbruik om teologiese sienings oor seksualiteit en die huwelik te vorm. Maar hoe relevant is daardie sieninge nog in hierdie eeu?

Vanuit ‘n patriargale perspektief is die huwelik so geïnterpreteer dat die ondergeskiktheid van die vrou aan die man daardeur veronderstel word. Eva, die verleidster wat verantwoordelik is vir die sondeval.

Dit is nodig dat ons moet besin in watter mate, met watter deel van  ons ons huweliksmaats liefhet. Met ons harte, ons koppe of ons lywe? Die meeste mense sê en dink hulle is lief vir hulle lewensmaat. Maar om werklik ‘n maat te kan hê vir wie jy diep, onvoorwaardelike liefde het? Daardie sielsmaat aan wie jy met hart en siel en liggaam verknog is. Lyfliefde. Dis werklik min mense beskore. Die persoon met wie ons trou, die blinkoogbloeiselbruid en die ridder, is nie die persoon saam met wie ons gaan leef nie, want daardie persoon verander en groei deurentyd. Dit maak nie saak hoe lief jy die persoon het of in watter mate julle mekaar eer en ag nie – dit alleen mag op die lange duur nie genoeg wees nie.

Uit watter perspektief het die huwelik vandag nog bestaansreg? Watter perspektief is geldig, en waarom? Is die huwelik ‘n kontrak, ‘n tronk of ‘n veilige hawe?

“Marriage is a wonderful invention: then again, so is a bicycle repair kit”
– Billy Connolly

Maklike middeljare! Regtig?

Die middeljare is eintlik ‘n verskriklike fase in ‘n mens se lewe waarop niemand ons voorberei het nie. Dat daar ‘n tyd gaan kom wat jy bewus is van verganklikheid, en tog ook bestekopname moet doen. Van dit wat was, dit waarop jy gehoop het en dit wat jy besef wat nog wag.

Party mense glip gemaklik daardeur, soos die gewone menopause ook. Daaroor is gelukkig so baie geskryf en dokters weet ook hoe om die fisieke  en emosionele simptome te behandel om dit makliker te maak.

Vandat ek ‘n kind is, hoor ek dat hiérdie fase sal verbygaan en dan sal alles makliker wees. Tydens skooljare, studies, swangerskap, babas, kleuters, regdeur totdat die kinders volwassenes is hoor ‘n mens dieselfde, dat dit ‘n fase van verbygaande aard is en dat dinge dán beter sal word. Teen daardie tyd is ‘n mens in jou menopause en alhoewel dit voel of dit die één fase is wat nooit verbygaan nie, besef mens tog op ‘n dag dat die nare besigheid verby is.

My groot ontnugtering was toe ek besef het daar is meer fases, wat doodgeswyg word. Die stil fases, asof dit skandelik is om ouer te wees. Daar word dikwels van die ‘ou mensies‘ in die derde persoon gepraat in hospitale en aftreeoorde, asof hulle nie meer daar is nie.

Act your age. Ja? Sekerlik verskil elke mens, maar glo my, elke mens doen maar waarvoor hy lus is en krag het, en dikwels besef ouer mense dat hulle hulle nie meer so hoef te bekommer oor wat ander sou dink as hulle dit of dat doen nie. C.S. Lewis het gesê: Some day you will be old enough to start reading fairy tales again. Los mense uit, dat hulle doen soos hulle wil.

Daar is iets onrusbarends wat ook in hierdie fase gebeur. Na aftrede, word mense skielik gekonfronteer met dinge wat nie voorheen deel van hulle dag was nie. Skielik is getroude pare se roetine totaal anders, hulle is op mekaar aangewese. Hulle dag word anders ingedeel, hulle bring noodwendig meer tyd in mekaar se geselskap deur. Daar is meer tyd om te dink, dikwels minder om te doen. Rolle verander dramaties.

Vandag het ek gehoor dat een van my vriende uit my jong jare in Desember oorlede is en ‘n skoolvriendin verlede week. Die dood raak ons metgesel, ons ouers en dié van ons vriende sterf een vir een. Omdat ons self ouer is, weet ons ook van die jonger mense wat sterf. Feit is dat verganklikheid ‘n werklikheid word waarvan mens bewus is. Intens bewus is. Jy kan dit as ‘n feit van die lewe afmaak, jy kan jou kop wegdraai daarvan as jy wil, tog veroorsaak dit verskillende emosies wanneer mens so met verganklikheid gekonfronteer word. Mense begin hulle geloof bevraagteken, sosiale media maak dit gelukkig maklik om gesprekke hieroor te hê. Mense praat ook baie meer geredelik daaroor as voorheen.

‘n Baie ongemaklike gevolg van hierdie tydperk in ‘n mens se lewe is dat mense ook nadink oor hulle verhoudings, hulle verwagtinge van hulleself, hulle lewensmaats en van die lewe self. Mense begin skale pak van wat hulle het, wat hulle wou gehad het en wat hulle nog graag wil hê. Dit gebeur noodwendig dat mens soms ook jou verwagtinge moet aanpas by jou situasie. Om jouself, jou eie denke te verander is moeiliker as wat mens mag dink. Die voortvarenheid van vroeër, rig nie meer mense se gedrag nie.

In ons eie vriendekring was onlangs ‘n egskeiding wat niemand gelukkiger gelaat het nie (behalwe dalk die onderskeie regspanne), ten spyte van baie wroeging en skale pak. As daar ‘n derde party betrokke was, was dit dalk anders. Mense het dikwels illusies en mens moet seker maak dat jy nie jou lewe vergelyk met die illusie van wat sou kon wees nie. (Jou illusie van skool of Universiteit is nou ook middeljarig, onthou).

Mense bly nooit dieselfde nie, groei en verandering is onvermydelik. Soms gebeur dit dat twee lewensmaats nader aan mekaar groei, dikwels groei hulle egter weg van mekaar af en verhoudings versuur. Baie gelukkig is die paartjies wat parallel in dieselfde rigting groei. Ons weet hoe lyk hulle, die tannie met die blink oë en die oom wat aan haar vat wanneer hy dink niemand kyk nie.

In ‘n aftreedorp kyk ek om my en ek sien hulle. Almal van wie ek hier praat. Die sterftes, die egskeidings in mense se middeljare.

Gelukkig is hierdie net ‘n fase wat sal verbygaan. Ek wag geduldig. Hierdie keer is die vraag net – op wát?

“I am still every age that I have been. Because I was once a child, I am always a child. Because I was once a searching adolescent, given to moods and ecstasies, these are still part of me, and always will be… This does not mean that I ought to be trapped or enclosed in any of these ages…the delayed adolescent, the childish adult, but that they are in me to be drawn on; to forget is a form of suicide… Far too many people misunderstand what *putting away childish things* means, and think that forgetting what it is like to think and feel and touch and smell and taste and see and hear like a three-year-old or a thirteen-year-old or a twenty-three-year-old means being grownup. When I’m with these people I, like the kids, feel that if this is what it means to be a grown-up, then I don’t ever want to be one. Instead of which, if I can retain a child’s awareness and joy, and *be* fifty-one, then I will really learn what it means to be grownup.”
― Madeleine L’Engle

Ek vergewe jou! Regtig?

Love means never having to say you’re sorry” is ‘n frase uit Erich Segal se boek Love Story, en die 1970 fliek met Ali MacGraw en Ryan O’Neal het dit laat buzz. Vandag sou dit seker trend op Twitter, as ons nie so sinies oor sulke clichés geword het nie.

LOVEKim se Love is… karaktertjies het elke verliefde skooldogter se passerblikkie versier. Net jammer ons het die frase verkeerdom verstaan. In ons koppe het dit beteken dat jou gedrag teenoor ‘n geliefde só moet wees dat jy nooit skeef trap, nooit iets ‘verkeerd’ sê en dus die nodigheid het om verskoning te vra nie. Nou sien ek dit anders. Niemand kan regtig iets ‘aan’ jou doen deur woorde nie. Wat iemand dink, doen of sê, is op sy eie boekie. Hoe ek my laat affekteer daardeur, op myne. As iemand sleg van my dink of praat, is dit bloot in hulle koppe, hulle persepsie van my.

Soos wat ek dinge oor die jare vir myself uitgewerk het, is die behoefte aan ‘n verskoning wanneer jy voel dat jy te na gekom is, ‘n aanduiding dat jy voel dat daar nou iets fout is met jouself, dat jy geskaad is deur ‘n ander se houding of woorde en dus ‘n verskoning nodig het. Dit is vir my maar bloot ‘n funksie van die ego. Jy as persoon kan nie geskaad word deur wat ‘n ander dink of doen nie, jy  dink maar net dat jy kan. Dit is alles in jou kop, jou eie gemoed.

Natuurlik kan mens materiële verliese ly deur ander se aksies, maar jou menswees kan nie deur ‘n ander beskadig word nie, behalwe as jy dit toelaat. Eleanor Roosevelt het gesê: Nobody can make you feel inferior without your consent. Dit was een van die heel eerste quotes wat wyd op die internet versprei is in my kringe in die laat 80’s, vroeë 90’s. Tog is dit een wat steeds ‘n indruk op my maak.

Dan is daar natuurlik ook die ander een oor vergifnis wat dikwels misverstaan word: Jy moet jouself vergewe. Op dieselfde manier wat jy nie geskaad kan word deur wat ander van jou dink nie, kan jou woorde ook nie ‘n ander skaad nie. Net jyself ken jou eie hart en jou eie intensies van jou denke. Wanneer jy weet dat jou intensies nie suiwer is oor ander nie, is dit nie vir jou om daardie persoon verskoning te vra nie, want hy kan mos nie deur jou geaffekteer word nie? Die onus is op jou, om in jou eie hart te kyk, en jouself te vergewe vir wat jy gedink, gedoen of gesê het.

As jy lief is vir iemand, onthef hulle van die ‘verpligting’ om verskoning te vra vir jou vir enige iets.

(Maak geen fout nie, as jy werklik berou het oor jou gedrag, is die J-woord nie altyd so maklik nie. Ek is jammer dat ek … word ongelukkig te dikwels opgevolg met maar jy …). Uiteindelik is ons maar net almal mense. Mense met foute.

Love all, trust a few, do wrong to none.  ~ William Shakespeare

Jy is spesiaal? Regtig?

The delusion is this: “We’re chosen, special and enlightened, and only we have The Truth.”

Frank Schaeffer het dit gesê, dit is die tema van Michael Shermer se boek, The believing brain.

Soos ‘n vriend elders sê: Dit is waarom religie so onsterflik is – dit verleen heilige sanksie aan jou verkose “Waarheid”.

Maar dit geld ook vir ander goed. Sport. Velkleur. Seksualiteit. Skole. Universiteite. Elke groep dink hy is spesiaal, meer spesiaal as Die Ander.

Hierdie konsep word gebruik om kinders van heel jongs af aan te hits en op te rui by skolesport. Is daar ‘n lyn tussen gesonde mededinging en die persepsie van mag, meerderwaardigheid en grootsheid wat so gekweek word?

imageHierdie geval van spesiaal-wees en elke mens wat dink hy is die uitsondering, kom in elke aspek van ons lewens uit. Om ‘n belaglike voorbeeld te noem, met ons gastehuisbedryf, dink soveel mense inkom en uitgaan tye, asook die geen-troeteldiere beleid, geld vir ánder, self is hulle die uitsondering.

Pleks van ‘n gevoel van eenheid en samewerking laat ontwikkel, leer ons wedywering met en verwydering van mekaar.

Ons is álmal spesiaal, maar nie een mens of groep is meer spesiaal as ‘n ander nie. Elke mens het sy eie waarheid.

Equality is the soul of liberty; there is, in fact, no liberty without it. –Frances Wright