Wie is MaanKind?

Trisa Hugo se lewe het baie draaie geloop in vele beroepe, maar uiteindelik het sy haar hartsplek gekry. Sy bedryf ‘n gastehuis in Kleinmond en teken prentjies met ‘n stokkie op die strand wat dan waar word. Sy het haar lewe lank gewerk, nou speel sy bietjie – met verf en kwaste, maar veral met woorde. (Dis nou my amptelike bio)

As MaanKind het ek baie vriende gemaak, en ek is dankbaar daaroor. Dit het my lewe verryk op maniere wat geen mens kan besef nie.

Natuurlik kan almal nie van almal hou nie, en ek verwag ook nie dat my skrywes oor my lewe in elke mens se smaak sal val nie. My standpunte en my geloof verskil van baie ander mense s’n, maar respek is tog iets wat ons vir mekaar het, wat jy vir die siel van die mens het, en elke persoon se agtergrond en omstandighede maak dat dit jou standpunte oor dinge beïnvloed.

Ons almal verskil, ons sieninge van mekaar verskil. Self is ek middeljarig, van gemiddelde intelligensie, vrou, ma, stiefma, ouma, halfpad afgetree en ek sukkel nog al my lewe met 5 kg wat ek graag sou wou verloor. As ek egter in die spieël kyk, sien ek ‘n gesonde vrou wat met haar bietjie talente gewoeker het en hard geleer en gewerk het het en haar kinders goed grootgemaak het en lekker kos kook vir haar man en die goeters doen wat ek graag wou doen my lewe lank. Ek is gesond en gelukkig en tevrede met wie en wat ek is. My lewe is vir my lekker. Die goeters wat ek doen is vir my lekker en dit sluit blogging in.

Welkom by my blog!

26 thoughts on “Wie is MaanKind?”

  1. Celeste said:

    Hallo, ek het jou op my broer se blog opgespoor en ons bly amper ‘n klipgooi van mekaar af. Jy laat my baie aan myself dink en ek is ook in die proses om ‘n blog te begin.

    Like

  2. Mag ek ‘n epos vir jou stuur oor vrae wat ek het? Sal jy my op my epos kan antwoord dat ek vir jou stuur?

    Like

  3. bloekombos said:

    MAANKIND, dit die eerste keer dat ek op die “whatever jy dit wil noem”, tik, en ek is so verdwaal soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boks. Ek wou net ‘n paar stories geskryf het soos in die verlede, maar dit was so ‘n ingewikkelde proses en ek hoop dat dit in die toekoms anders sal lyk, want anders bly ek maar by WOES. Ek het jou storie terdee geniet en hoop ons lees mekaar weer raak.

    Like

  4. hallo daar maankind

    dit is so lekker om ou maters hier uit te snuffel, lekker om hier by jou te kuier

    Like

  5. Hallo Maankind – jy’t lank terug vir my ‘n link gestuur na Afrikaanse blogs op wordpress. Dink jy ek kan dit opspoor? Ai tog – kan jy weer help asseblief?

    Like

  6. Hi Maankind, snaaks dat mens per ongeluk mense raakloop wat jy eers op FB ontmoet het en nou op hulle “afkom” per ongeluk .. gaan lekker hier by jou lees.
    Groetnies
    MdJ

    Like

  7. Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.

    Like

    • Aangename kennis! Dankie vir inloer, sal kom draai by jou.

      Like

      • Baie dankie vir jou terugvoer. Ons header het my van die begin gepla, ek kon die skrif nooit duideliker kry nie. Ek het gehoop jy sou my dalk kon help. Ek gebruik NX Capture om my foto’s te verwerk. Behalwe vir Tint, B&W en Sepia, is daar geen opsie om die kleur self te verander nie. Verder het ek lank op die net rondgesoek vir n gratis program wat captions op foto’s kam byvoeg. Die beste ene wat ek kon vind was Roflbot, ongelukkig het die ook maar net n paar font opsies. Ek het intussen die skrif vergroot in die hoop dat dit meer in fokus sal lyk, maar helaas. As jy kan help sal ek dit erg baie waardeer. Eureka

        Like

  8. Maankind, kan jy my blog so mooi maak soos joune, en my leer hoe om links op te sit en als? Ek voel altyd so sleg as ek na jou of Kouevuur se Sonnetjie en Bileam se donkie verwys en ek kan nie eens die leser na julle blog vat nie 😦

    Like

  9. Hallo MaanKind weet jy nie dalk waar is Ding nie……….ek mis hom sooooooooo.

    Like

  10. Ek wil asseblief ‘n boek hê met al die wyshede van die wêreld, veral om kinders groot te maak… Sterkte met die skets, jy gaan dit nodig hê indien jy hoegenaamd kans sien om daarmee te begin. Amen (mens sê dit mos maar aan die einde van ‘n gebed)?!

    Like

  11. Naand Maankind, teken vir my ‘n locum vir Augustus in die sand, Groot Seblief tog. Dan kan ek dalk selfs daar by jou verbykom.

    Gidi

    Like

En? Wat dink JY?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s